Manuel Neuer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Manuel Neuer in 2010

Manuel Neuer (* 27 Maart 1986 in Gelsenkirchen, Noordryn-Wesfale) is 'n Duitse sokkerdoelwagter wat tans vir die Bundesliga-sokkerklub FC Schalke 04 speel.

Neuer se kollegas het hom as die beste Duitse doelwagter van die Bundesliga-seisoen 2006/07 aangewys. Op 19 Mei 2009 is Neuer vir die eerste keer deur die nasionale Duitse sokkerafrigter Joachim Löw vir die Asië-toernooi van die Duitse sokkervereniging DFB se nasionale A-span benoem en het op 2 Junie in die wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate (waarin Duitsland 'n 7-2 oorwinning behaal het) vir die eerste keer in die doelhok gestaan.

Manuel Neuer het daarnaas 'n belangrike bydrae tot Duitsland se sukses tydens die Europese U21-sokkerkampioenskappe van 2009 in Swede gelewer. Op 28 Mei 2010 is Neuer as doelwagter in Duitsland se nasionale sokkerspan benoem.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Manuel Neuer (kategorie)