Manyamerivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Manjameafter chivero.jpg

Die Manyamerivier (voorheen ook bekend as Hunyanirivier) in Zimbabwe is ‘n sytak van die Zambezirivier.[1]

Hierdie rivier ontspring suidoos van Harare op ‘n hoogte van meer as 1500m bo seevlak. Ongeveer 15km wes van Harare loop dit deur die Manyame-meer, vloei daarna noordwaarts en verby Chinhoyi. Nog verder noord sluit die rivier aan by die Panhamerivier wat van suidoos kom. Op 16° suiderbreeddte steek die versterkte rivier die grens met Mosambiek oor en verander sy naam na die Danderivier. So ‘n 20km suidoos van Zumbo vloei die rivier in die Cahora Bassa-dam.

Die Manyamerivier in rooi.

Die Manyamerivier is nagenoeg 320km lank en het ‘n opvanggebied van ‘n 26000km². Dit is een van die vier groot riviere wat op Zimbabwe se sentrale plato ontspring en na die Zambezi vloei. Die ander is die Gwayirivier, die Sanyatirivier en die Mazowerivier.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]