Harare

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Harare
Harare montage.png

Kaart Wapen
Zimbabwe - Harare.svg
Coat of arms of Harare.svg
Vlag
Flag of Harare.svg
 Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
 Provinsie Harare
 Koördinate 17°50′S 31°4′O / 17.833°S 31.067°O / -17.833; 31.067
 Stigting 1890
 Oppervlakte:  
 - Totaal 960,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 490 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 1 606 000
 - Bevolkingsdigtheid 2 540/vk km
 Tydsone UTC+2 (SAT)
 Burgemeester Herbert Gomba[1]
 Amptelike webwerf hararecity.co.zw

Harare (voormalig, tot 1982 Salisbury) is die hoofstad van Zimbabwe. Die stad is Zimbabwe se grootste en die land se administratiewe, kommersiële en kommunikasiemiddelpunt. Dit is 'n handelsentrum vir tabak, mielies, katoen en sitrusvrugte. Vervaardigingsbedrywe sluit tekstiele, staal en chemiese stowwe in. Goud word in die omgewing ontgin. Die bevolking is in 2009 op 1 606 000 beraam.

Die internasionale lughawe in Harare
Jakarandabome langs Montagu Ave, Salisbury in 1975

Die stad is in 1890 deur die Pioneer Column as 'n fort gestig, 'n huurleër wat deur Cecil John Rhodes op die been gebring is. Die stad het oorspronklik as Salisbury bekendgestaan, genoem na die 3de markies van Salisbury, Robert Arthur Talbot Gascoyne-Cecil, toe eerste minister van die Verenigde Koninkryk. Dit het in 1935 'n stad geword. Salisbury was die hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Federasie vanaf 1953 tot 1963.

Met die tweede herdenking van die Zimbabwiese onafhanklikheid op 18 April 1982 is die stad se naam na Harare verander, genoem na die Mashona-hoofman Neharawa.

Sedert vroeg in die 21ste eeu is Harare nadelig geraak deur die politieke en ekonomiese krisis wat Zimbabwe na die presidensiële verkiesing van 2002 beleef.

Harare is die tuiste van die Universiteit van Zimbabwe.

Harare deel die eenhonderd-en-veertigste plek op die tydskrif The Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Contact Details". City of Harare. Besoek op 22 Februarie 2019. 
  2. (en) Urban idylls, Economist.com.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Provinsies van Zimbabwe Vlag van Zimbabwe
Bulawayo · Harare · Manicaland · Masjonaland-Oos · Masjonaland-Sentraal · Masjonaland-Wes · Masvingo · Matabeleland-Noord · Matabeleland-Suid · Midlands