Mazowerivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mazowerivier
Mozambique Mazowe Luenha.png
Die stroomgebied van die Mazowerivier (in groen).
Oorsprong noord van Harare, Zimbabwe
Monding Tete, Mosambiek
Luanhariver
Stroomgebied Zimbabwe, Mosambiek
Lengte 400 km
Oorspronghoogte 1 300 m
Mondinghoogte 161 m
Stroomgebiedopp. 38 900 km²
Kaart van die Mazowerivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Mazowerivier-bekken in Afrika.

Die Mazowerivier (tot 1980 bekend as die Mazoerivier) is 'n rivier in wat vloei in Zimbabwe en Mosambiek.

Hierdie rivier ontspring noord van Harare op 'n hoogte van nagenoeg 1 300 m bo seevlak. Dit vloei noord, daarna noordooswaarts deur wye en vrugbare valleie waar met tabak, lemoene en mielies geboer word en mynbou plaasvind. 'n Deel van sy loop vorm dit die landsgrens en gaan daarna Mosambiek binne op Zimbabwe se mees noordoostelike punt. Net suid van Tete loop dit in die Luanhariver wat nog 40 km verder in die Zambezirivier uitmond.

Die belangrikste sytakke van die Mazowe is die Nyaguwerivier en die Nyadirerivier. Hierdie rivierstelsel is baie gewild by gouddelwers. In die reëntyd rig die rivier dikwels skade aan op plase en nedersettings aan die oewers.

Net noord van Harare is die Mazowedam.

Mazowe beteken ‘’plek van die olifante’’.