Mapungubwe-museum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mapungubweberg, plek van die argeologiese uitgrawings, uit die noorde gesien.
Mapungubwe-museum
'n Beeld van die museum.
Die museum word gehuisves in die Ou Kunsgebou (Universiteit van Pretoria).

Plek Pretoria
Land Suid-Afrika
Webtuiste Mapungubwe Collection
’n Illustrasie van ’n goue renosterbeeldjie in die Mapungubwe-museum.

Die Mapungubwe-museum by die Universiteit van Pretoria huisves die nasionale skatte van Mapungubwe, Suid-Afrika. Mapungubwe is ’n 13de-eeuse argeologiese terrein in die Limpopovallei en is as wêrelderfenisgebied verklaar. Goue ornamente, ivoor, been, Sjinese porseleinware, kleifiguurtjies, kralewerk, yster en koper is enkele van die 166 000 artefakte uit die Mapungubwe- argeologiese uitgrawings wat permanent hier uitgestal word.

Die Universiteit van Pretoria is die bewaarder en eienaar van hierdie pragtige argeologiese versameling sedert sy ontdekking in 1933, en die museum is in Junie 2000 geopen. Hierdie unieke argeologiese museum dien as sentrum vir opvoedkundige, toerisme-, opleidings-, akademiese en navorsingdoeleindes. Dit weerspieël die kulturele betekenis en diversiteit van ’n vroeë Afrika-handelskoninkryk. Die Mapungubwe-versameling word al ses dekades lank hooggeag vir sy argeologiese uniekheid, kulturele rykdom en historiese belang.

’n Deel van die versameling word tans aan die Mapungubwe Interpretation Center in Mapungubwe geleen.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Geoffrey York,"The Return of the Golden Rhino", The Globe and Mail, 11 Februarie 2012