Gaan na inhoud

Marcus Ericsson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marcus Ericsson
Ericsson in 2015.
Ericsson in 2015.
Geboortedatum 2 September 1990 (1990-09-02) (34 jaar oud)
Geboorteplek Kumla, Swede
Nasionaliteit Vlag van Swede Sweed
Aktiewe jare 2014-2018
Ou span(ne) Caterham, Sauber-Ferrari
Motornommer 9
Inskrywings 97 (97 begin)
Kampioenskappe 0
Loopbaanpunte 18
Eerste F1-wedren 2014 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2018 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2018
Verlede jaar plek 17de (9 punte)

Marcus Ericsson (2 September 1990) is 'n Sweedse renjaer wat van 2015 tot 2018 vir Sauber aan Formule Een deelgeneem het.[1] Na 'n suksesvolle motorrendebuut in 2007 waartydens hy die Britse Formule BMW-titel met Fortec Motorsport gewen het, is hy bevorder tot hul Britse Formule 3-span.

Na voltooiing as een van die top groentjies in die kategorie, het Ericsson sy aandag aan die All-Japan Formule Drie-kampioenskap gegee en ook die kampioenskap in sy debuutjaar gewen. In 2010 skuif hy na die GP2-reeks en behaal 'n oorwinning tydens sy eerste probeerslag vir Super Nova Racing. Tussen 2011 en 2012 het Ericsson vir iSport gejaag.

Ericsson voltooi die 2013 GP2-seisoen met DAMS, en sy debuut in Formule Een in 2014 was by die Caterham F1-span. Hy het van 2015 tot 2018 vir die Sauber-span gejaag. Hierna is hy gedegradeer tot reserwebestuurder in 2019.[2]

Verwysings

  1. "Extensions of contracts with Marcus Ericsson and Felipe Nasr" (in Engels). Sauber F1 Team. 23 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015.
  2. (nl) Ericsson door Sauber gedegradeerd tot derde rijder