Gaan na inhoud

Mariette Bosch

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mariëtte Sonjaleen Bosch
Gebore  1950
Oorlede  31 Maart 2001
Rede vir dood  Eksekusie deur hang
Land  Botswana
Misdaadbesonderhede
Plek Gaborone
Slagoffers  1

Mariëtte Sonjaleen Bosch (oorlede 31 Maart 2001, later ook bekend as Mariëtte Wolmarans[1]) was 'n Suid-Afrikaanse vrou wat op 31 Maart 2001 op 50-jarige ouderdom deur die regering van Botswana tereggestel is.[2] Sy is gehang vir die moord op Maria Magdalene "Ria" Wolmarans[3][4] in Junie 1996, ook 'n Suid-Afrikaanse vrou.[4] Bosch was die eerste wit vrou wat in Botswana tereggestel is.[3][5] Sy was die vierde vrou wat sedert Botswana se onafhanklikheid daar gehang is.[5] As gevolg hiervan is die moord wyd binne en buite Botswana in die media gerapporteer.[6] Daar is na die voorval verwys as Botswana se "White Mischief" (blanke onheil), 'n sinspeling op die 1987-rolprent oor 'n moordsaak waarby wit mense in Kenia betrokke was.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Meyer, Lukas. "SA vrou veg in skadu van Botswana-galg Geargiveer 17 Mei 2014 op Wayback Machine." Rapport. 9 Desember 2000. Besoek op 26 Maart 2013.
  2. Penketh, Anne. "America and the world's executioners join efforts to block UN moves to end death penalty." The Independent. 15 November 2007. Besoek op 26 Maart 2013.
  3. 3,0 3,1 Bird, Maryann. "Until Death Us Do Part Geargiveer 26 Maart 2013 op Wayback Machine." TIME. 12 Februarie 2001. Besoek op 26 Maart 2013. "Barring a presidential decree of clemency, Bosch—who still maintains she is innocent—would be the first white woman to be executed in Botswana's history."
  4. 4,0 4,1 "Bosch loses appeal Geargiveer 4 Oktober 2017 op Wayback Machine." Nuus24. 30 Januarie 2001. Besoek op 26 Maart 2013.
  5. 5,0 5,1 "Love-triangle murderer hanged." BBC. 2 April 2001. Besoek op 26 Maart 2013.
  6. "Bosch film row." BBC. 2 Mei 2001. Besoek op 27 Maart 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]