31 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
31 Maart is die 90ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (91ste in ’n skrikkeljaar). Dit is ook die laaste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 275 dae in hierdie jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 307 – Keiser Konstantyn die Grote trou met Fausta, dogter van keiser Maximianus, nadat hy van sy eerste vrou Minervina geskei is.
- 1084 – Teenpous Clemens III kroon Hendrik IV tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1244 – Keiser Frederik II skryf ’n brief aan Pous Innocentius IV in ’n vergeefse poging om hulle geskil oor die heerskappy oor Noord-Italië by te lê.
- 1282 – Die Sisiliaanse Vespers: volksopstand teen Karel van Anjou.
- 1563 – Pous Pius IV ekskommunikeer kardinaal Odet de Coligny de Châtillon omdat hy Calvinis geword het.
- 1683 – Die Poolse koning Jan Sobieski en die Duitse keiser Leopold I sluit 'n verdedigingsverdrag teen die Turke.
- 1723 – Majoor Davel marsjeer die stad Lausanne binne en verlang van die stadsraad dat die heerskappy van Bern beëindig word.
- 1778 – James Cook eis Vancouver-eiland op vir Groot-Brittanje.
- 1782 – Pous Pius VI spreek die pouslike seën “Urbi et Orbi” uit in Wene.
- 1829 – Pous Pius VIII volg Pous Leo XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1885 – Die Verenigde Koninkryk skep ’n protektoraat oor Betsjoeanaland.
- 1889 – Die Eiffeltoring word geopen.
- 1901 – Brittanje hou ’n sensus.
- 1970 – Newfoundland betree die Kanadese Konfederasie en word sy tiende provinsie Newfoundland en Labrador.
- 1970 – Explorer 1 val terug na die aarde.
- 1998 – Quett Masire bedank as President van Botswana.
- 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Makemake.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1499 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV), die 224ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1565).
- 1519 – Koning Henry II van Frankryk († 1559).
- 1596 – René Descartes, Franse filosoof, wiskundige en skrywer († 1650).
- 1675 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) († 1758).
- 1685 – Johann Sebastian Bach, Duitse komponis († 1750)
- 1723 – Frederik V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1766).
- 1732 – Joseph Haydn, Oostenrykse komponis († 1809).
- 1778 – Coenraad Jacob Temminck, 'n Nederlandse aristokraat, dierkundige en direkteur van 'n museum († 1858).
- 1863 – John Stephen Curlewis, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1940).
- 1881 – G.B.A. Gerdener, ’n Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer († 1967).
- 1914 – Octavio Paz, Meksikaanse skrywer, diplomaat († 1993).
- 1929 – Des van Jaarsveldt, Suid-Afrika se sewe-en-twintigste Springbokkaptein.
- 1934 – Richard Chamberlain, Amerikaanse akteur.
- 1965 – Amanda Luyt, Afrikaanse sangeres.
- 1971 – Ewan McGregor, Skotse akteur.
- 1981 – Quinton Immelman, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1727 – Isaac Newton, Britse wetenskaplike en filosoof (* 1643).
- 1837 – John Constable, Britse skilder (* 1776).
- 1855 – Charlotte Brontë, Engelse skrywer en outeur van Jane Eyre (* 1816).
- 1913 – J.P. Morgan, finansier, kunsversamelaar, filantroop (* 1837).
- 1917 – Emil Adolf von Behring, Duitse fisikus en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1901 (* 1854).
- 1945 – Anne Frank, Nazi-slagoffer (* 1929).
- 1945 – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner (* 1881).
- 1978 – Charles Best, Manadese mediese wetenskaplike (* 1899).
- 1980 – Jesse Owens, Amerikaanse atleet (* 1913).
- 1988 – William McMahon, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1908).
- 1993 – Brandon Lee, Amerikaanse akteur (* 1965).
- 1995 – Selena, Amerikaanse sangeres Tejano (* 1971).
- 2007 – Ds. Vidius Nel, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1924).
- 2016 – Hans-Dietrich Genscher, Duitse politikus (* 1927).
- 2016 – Zaha Hadid, Brits-Irakkese argitek (* 1950).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 March. |