Gaan na inhoud

Medusanewel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Medusanewel
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Tweeling
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 07h 29m 02.69s[1][2]
Deklinasie +13° 14′ 48.4″[1][2]
Skynmagnitude (m) 15,99[1]
Absolute magnitude (M) 7,68
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 1 500
Skynbare grootte 10,25 x 10,25 boogminute
Ander name
Sharpless 2-274, PK 205+14 1, Abell 21 [1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Medusanewel is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Tweeling. Dit is ook bekend as Abell 21 en Sharpless 2-274. Dit is oorspronklik in 1955 deur George Abell ontdek wat dit as 'n ou planetêre newel geklassifiseer het.[3] Sowjetse sterrekundiges het in 1971 beaam dat dit heel waarskynlik 'n planetêre newel is.[3] Omdat die newel so groot is, is sy oppervlakhelderheid baie laag, met 'n magnitude van nie meer as +15,99 nie.[1]

Die sentrale ster van die newel is 'n PG 1159-ster, 'n warm ster wat besig is om 'n witdwerg te word.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "MEDUSA – Planetary Nebula". Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 1 Julie 2010.
  2. 2,0 2,1 Cutri, R.M.; Skrutskie, M. F.; Van Dyk, S.; Beichman, C. A.; et al. (Junie 2003). "2MASS All Sky Catalog of point sources". The IRSA 2MASS All-Sky Point Source Catalog, NASA/IPAC Infrared Science Archive. Bibcode:2003tmc..book.....C.
  3. 3,0 3,1 Lozinskaya, T. A. (Junie 1973). "Interferometry of the Medusa Nebula A21 (YM 29)". Soviet Astronomy. ADS. 16: 945. Bibcode:1973SvA....16..945L.
  4. González-Santamaría, I.; Manteiga, M.; Manchado, A.; Ulla, A.; Dafonte, C.; López Varela, P. (2021). "Planetary nebulae in Gaia EDR3: Central star identification, properties, and binarity". Astronomy & Astrophysics. 656: A51. arXiv:2109.12114. Bibcode:2021A&A...656A..51G. doi:10.1051/0004-6361/202141916. S2CID 237940344.

Skakels

[wysig | wysig bron]