Mel Gibson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mel Gibson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Mel Gibson by die première van Air America in 1990.]

Geboortenaam Mel Colm-Cille Gerard Gibson
Geboorte 3 Januarie 1956
Peekskill. New York
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Australië
Beroep(e) Akteur, filmmaker
Aktiewe jare 1976–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Mel Colm-Cille Gerard Gibson (gebore op 3 Januarie 1956) is 'n Australies-Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger. Hy het twee Oscars vir die rolprent Braveheart ontvang (beste regie en beste film). Daarnaas het hy meer as twintig ander filmpryse oor sy loopbaan gewen, waaronder 'n Golden Globe, 'n National Board of Review Award en 'n Golden Satellite Award.

Gibson is veral bekend vir die prominente rolle wat hy in verskeie aksiefilms gespeel het. Van sy bekendste rolprente is: Mad Max (1979), Gallipoli (1981), The Bounty (1984), Lethal Weapon (1990), Lethal Weapon 2 (1991), Lethal Weapon 3 (1992), Lethal Weapon 4 (1998), Braveheart (1995) en Ransom (1996). Hy was ook die regisseur van die film, The Passion of the Christ in 2004, wat losweg op die visioene van Catherine Emmerich gebaseer is.

Gibson is in Peekskill, New York in die Verenigde State van Amerika gebore. Hy was die sesde van elf kinders en die tweede seun van Hutton Gibson. Sy pa was 'n soldaat in die Tweede Wêreldoorlog, asook 'n bekende skrywer. Hy en sy familie het toe hy ongeveer 12 jaar oud was na Australië verhuis. Gibson het toneelspel aan die National Institute of Dramatic Art in Sydney studeer.

Filmografie[wysig | wysig bron]

Gibson in 2011.

As akteur[wysig | wysig bron]

  • Summer City (1977)
  • I Never Promised You a Rose Garden (1977)
  • Mad Max (1979)
  • Tim (1979)
  • The Chain Reaction (1980)
  • Gallipoli (1981)
  • Mad Max 2 (1981)
  • Attack Force Z (1982)
  • The Year of Living Dangerously (1982)
  • The Bounty (1984)
  • The River (1984)
  • Mrs. Soffel (1984)
  • Mad Max Beyond Thunderdome (1985)
  • Lethal Weapon (1987)
  • Tequila Sunrise (1988)
  • Lethal Weapon 2 (1989)
  • Bird on a Wire (1990)
  • Air America (1990)
  • Hamlet (1990)
  • Lethal Weapon 3 (1992)
  • Forever Young (1992)
  • The Chili Con Carne Club (1993)
  • The Man Without a Face (1993)
  • Maverick (1994)
  • Pocahontas (1995) (stem)
  • Braveheart (1995) (gebaseer op die lewe van William Wallace)
  • Ransom (1996)
  • Fathers' Day (1997) (Cameo)
  • Conspiracy Theory (1997)
  • FairyTale: A True Story (1997)
  • Lethal Weapon 4 (1998)
  • Payback (1999)
  • The Million Dollar Hotel (2000)
  • Chicken Run (2000) (stemrol)
  • The Patriot (2000)
  • What Women Want (2000)
  • We Were Soldiers (2002)
  • Signs (2002)
  • Paparazzi (2004)
  • The Singing Detective (2004)
  • EEdge of Darkness (2010)
  • The Beaver (2011)
  • Get the Gringo, ook bekend as How I Spent My Summer Vacation (2012)
  • Machete Kills (2013)
  • The Expendables 3 (2014)

As regisseur[wysig | wysig bron]

  • The Man Without a Face (1993)
  • Braveheart (1995)
  • The Passion of the Christ (2004)
  • Apocalypto (2006)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]