Milla Louw

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Milla Louw
Milla Louw in die Nasionale Toneelorganisasie se opvoering van Germanicus in 1958.
Geboorte 1922
Langlaagte tussen Vredenburg en Saldanha
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Sterfte 1 April 2012
Port Elizabeth
Beroep(e) Aktrise, stem-afrigter
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Milla Louw was 'n Afrikaanse aktrise en stem-afrigter wat van die grootste name in die plaaslike bedryf opgelei het. Sy het onder andere akteurs soos Marius Weyers, Wilna Snyman en Ivan Zimmerman afgerig.[1]

Biografie[wysig | wysig bron]

Louw is in 1922 op die plaas Langlaagte tussen Vredenburg en Saldanha gebore.

Sy matrikuleer van die Hoërskool Jan van Riebeeck, waar sy al reeds drama-klasse geneem het. Daarna verwerf sy 'n graad in maatskaplike werk aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was ook een van die eerste studente wat by die Akademie vir Dramakuns (ADK) ingeskryf het, en behaal hier haar drame-lisensiaat. Later het sy self by die ADK klas gegee.

Die eerste rolprent waarin sy gespeel het was Die Geheim Van Nantes in 1969 waar sy die rol van Julia du Toit vir regisseur Dirk de Villiers gespeel het.[2]

Sy is op 1 April 2012 in die St. George-hospitaal in Port Elizabeth aan 'n hartaanval oorlede. Sy word oorleef deur drie dogters, tien kleinkinders en ses agterkleinkinders.[1]

Filmografie[wysig | wysig bron]

TV-reekse:

Rolprente:

Verwysings[wysig | wysig bron]