Mswati III

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mswati III
Koning van Swaziland
King Mswati III 2014.jpg
Mswati III in 2014
Dinastie Huis van Dlamini
Bewind 25 April 1986hede
Kroning 25 April 1986
Volle naam Makhosetive Dlamini
Ander titels Ingwenyama
Gebore 19 April 1968
Manzini, Swaziland
Voorganger Ntombi Tfwala (Regent)
Gade Ntombi Tfwala
Gade 15 vroue gelyktydig
Kinders 25 kinders
Vader Sobhuza II
Moeder Ntombi
Mswati III in Julie 2011
Mswati III tydens 'n besoek in Washington, D.C. in 2009
Mswati III tydens die Reed Dance Festival in 2006
Koninklike vlag van Swaziland

Mswati III (gebore as Prins Makhosetive Dlamini op 19 April 1968 in Manzini) is die heersende koning van Swaziland (Swazi: Ingwenyama) en hoof van die Swazi Koninklike Familie. Mswati is die seun van koning Sobhuza II en een van sy jonger vroue Ntombi Tfwala.[1] Mswati is Tfwala se enigste kind.

Hy was op laerskool by Masundvwini Laerskool en Hoërskool op Lozitha Palace School. Hy het daarna tussen 1983 en 1986 die Sherborne Skool bygewoon in die noordweste van Dorset, Engeland. Makhosetive is gekroon as Mswati III, Ingwenyama en koning van Swaziland op 25 April 1986 op die ouderdom van 18, en het daarmee die jongste regerende monarg destyds geword. Saam met sy ma Ntombi, nou koningin Moeder (Indlovukazi), regeer hy oor die land as 'n absolute monarg. Mswati III is bekend vir sy praktyk van poligamie (hoewel ten minste twee vroue deur die staat aangestel is) en het tans 15 vroue.[2] Sy beleid en weelderige lewenstyl het ook binnelandse protes veroorsaak.[3]

Titels en style[wysig | wysig bron]

  • 19 April 1968 – 25 April 1986: His Royal Highness Prince Makhosetive Dlamini of Swaziland.
  • 25 April 1986 – hede: His Majesty, Ingwenyama of Swaziland.

Honneurs[wysig | wysig bron]

  • Vlag van Swaziland Swaziland: Grand Master of the Royal Order of King Sobhuza II (1986).[4]
  • Vlag van Swaziland Swaziland: Grand Master of the Royal Order of the Ndlovukazi (2002).
  • Vlag van Swaziland Swaziland: Grand Master of the Royal Order of the Crown (2002).
  • Vlag van Swaziland Swaziland: Grand Master of the Royal Family Order of Mswati III (2002).
  • Vlag van Swaziland Swaziland: Grand Master of the Military Order of weSwatini (2002).
  • Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika: Knight Grand Cross of the Order of Good Hope (1995).[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "King Mswati III is born | South African History Online". Sahistory.org.za. 1968-04-19. Besoek op 28 April 2014. 
  2. (en) Laing, Aislinn (28 April 2014). "King of Swaziland chooses teenager as 15th wife". Telegraph. London: Telegraph. Besoek op 2 Desember 2013. 
  3. (en) Bearak, Barry. "In Destitute Swaziland, Leader Lives Royally," New York Times. 6 September 2008.
  4. (en) Decorations of Swaziland
  5. (en) 1995 National Orders Awards

Bronne[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur
Ntombi Tfwala (Koningin Regent)
Koning van Swaziland
1986–hede
Opgevolg deur
Posbekleër