Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Goodwill Zwelithini | |
---|---|
Koning van die Zoeloenasie | |
Goodwill Zwelithini in 2011 | |
Dinastie | Huis van die Zoeloe |
Bewind | 17 September 1968 – 12 Maart 2021 |
Kroning | 3 Desember 1971 |
Volle naam | Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu |
Gebore | 14 Julie 1948 |
Nongoma | |
Gesterf | 12 Maart 2021 (op 72) |
Durban, Suid-Afrika | |
Begrawe | 18 Maart 2021 |
Nongoma, Suid-Afrika | |
Voorganger | Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Opvolger | Misuzulu Zulu |
Gade | Mantfombi Dlamini |
Eggenote | Sibongile Winifred Dlamini |
Buthle MaMathe | |
Thandikela Jane Ndlovu | |
Nompumelelo Mchiza | |
Zola Zelusiwe Mafu | |
Nakomelinge | Misuzulu Zulu e.a. |
Kinders | 27 |
Vader | Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Moeder | Thomozile Jezangani kaNdwandwe |
Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu (14 Julie 1948 te Nongoma – 12 Maart 2021) was koning van die Zoeloenasie.
Hy het sy vader, koning Cyprian Bhekuzulu kaSolomon, in 1968 opgevolg. Prins Israel Mcwayizeni KaSolomon het van 1968 tot 1971 as heerser waargeneem terwyl Zwelithini op Sint Helena geskuil het om 'n aanslag op sy lewe te voorkom. Na sy 21ste verjaarsdag en troue, is Zwelithini gekroon as die agtste monarg van die Zoeloes tydens 'n tradisionele seremonie. Dit is op 3 Desember 1971 in Nongoma gehou waar 20 000 mense die seremonie bygewoon het.
Koning Zwelithini sterf op 12 Maart 2021 nadat hy in 'n hospitaal opgeneem is vir diabetes-verwante komplikasies.[1][2][3] Gedurende voorbereidings vir sy begrafnis, het die koning se tradisionele eerste minister, Mangosuthu Buthelezi, aangekondig dat Zwelithini aan Covis-19 oorlede is.[4][5]
Hy is op 7 Mei 2021 deur sy oudste seun Misuzulu Zulu opgevolg.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Zulu King Goodwill Zwelithini dies in South Africa aged 72". BBC News (in Engels (VK)). 12 Maart 2021. Besoek op 12 Maart 2021.
- ↑ "Zulu King Goodwill Zwelithini has died". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 12 Maart 2021.
- ↑ Chutel, Lynsey (12 Maart 2021). "Goodwill Zwelithini ka Bhekuzulu, King of the Zulu Nation, Dies at 72". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 13 Maart 2021.
- ↑ Makhafola, Getrude. "King Goodwill Zwelithini died of Covid-19-related complications – Buthelezi". News24.
- ↑ "Buthelezi confirms Zulu King's death was Covid-related, laying bare conflict over funeral". www.iol.co.za.
Voorafgegaan deur Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Koning van die Zoeloenasie 1968–2021 |
Opgevolg deur Misuzulu Zulu |