Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi
Zakariya Razi 001.JPG
Gebore 854
Rey (naby Teheran), Iran
Oorlede 923 of 925
Rey, Iran
Vakgebied Chemie, medisyne, filosofie

Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi (Persies: محمد زکریای رازی), ook bekend as al-Rāzi, Rhazes of Rasis (28 Augustus 8656 Oktober 925) was 'n Persiese skolier, dokter, alchemis, chemikus, filosoof sowel as een van die mees noemenswaardige figure in die geskiedenis van die geneeskunde.[1][2] Hy is ook as 'n Uomo universale erken.[3]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Razi is in Rey, 'n stad wat in die suidelike kant van die Teheran-provinsie geleë is, gebore. Dit is moontlik dat sy agternaam na sy geboorteplek verwys.[4] Dit word dikwels gesê dat hy in sy jeug die kans gehad het om 'n loopbaan in die musiek te volg, maar hy het meer in alchemie belanggestel. Omdat sy eksperimente hom 'n oogsiekte gegee het, het Razi met sy studies van die alchemie opgehou. Sy soektog vir 'n geneesmiddel teen hierdie oogsiekte is moontlik die rede hoekom hy met die geneeskunde bemoeid geraak het.

Razi het voortgegaan om die geneeskunde onder Ali ibn Sahl Rabban al-Tabari te bestudeer. Later het hy 'n dokter in sy tuisdorp geword. Daarna het hy die hele Persië deurreis om lesings in geneeskunde te gee. Hy was hoof van die hospitaal wat deur Harun al-Rashid in Bagdad gestig is. Volgens 'n paar bronne was Razi 'n dokter wat baie aandag aan sy pasiënte gegee het. Razi staan ook as 'n rasionalis bekend, wat volgens geskiedkundiges vry van vooroordele was.

Razi se oogsiekte het nooit genees nie en het uiteindelik tot algehele blindheid gelei. Hierna het hy geweier om siektes te behandel, omdat hy gevoel het dat sy afsterwe nadergekom het. Hy is in 925 oorlede.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Robinson, Victor (1944). The story of medicine. New Home Library. 
  2. Porter, Dorothy (2005). Health, civilization, and the state: a history of public health from ancient to modern times. Routledge. ISBN 0-415-20036-9. 
  3. History of civilizations of Central Asia, Motilal Banarsidass Publ., ISBN 81-208-1596-3, vol. IV, part two, bl. 228.
  4. (1982) History of Zoroastrianism: Under The Achaemenians. Brill. ISBN 9004065067.