N6 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
N6 Nasionale Pad
Padteken van die N6.
Die N6 word in rooi aangedui.

Die N6 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Oos-Londen met Bloemfontein.

Oos-Kaap[wysig | wysig bron]

Die N6 by Cathcart.

Die N6 begin in Oos-Londen, Oos-Kaap, waar dit vanaf die N2 nasionale pad aftak. Die pad kronkel en klim vanaf die kus die binneland in vir 55 km waar die hoofspoorlyn na Bloemfontein gekruis word by 'n plekkie met die naam Amabele. Die pad bereik Stutterheim 21 km later. Van Stutterheim is dit 48 km na Cathcart, 'n klein dorpie. Op die tog word die spoorlyn weer twee keer gekruis. Vanaf Cathcart na Queenstown is 61 km, die eerste werklike groot dorp op die N6. Die pad hou dan noord na Aliwal-Noord wat 163 km verder is. In die proses word daar oor die Penhoekpas gery wat die Stormberg kruis. Daar word ook deur Jamestown, 'n klein dorpie 54 km suid van Aliwal-Noord af, gery. Aliwal-Noord is aan die suidelike oewer van die Oranjerivier.

Vrystaat[wysig | wysig bron]

Generaal-Hertzog-brug oor die Oranjerivier by Aliwal-Noord.

Nadat die Oranjerivier gekruis is, feitlik in Aliwal-Noord, is dit 34 km na Rouxville in die Vrystaat. Die N6 hou nou noordoos, kruis die Caledonrivier, 'n groot sytak van die Oranjerivier en bereik Smithfield na 35 km. Van Smithfield af is die pad plat en reguit vir 70 km na Reddersburg. Die N1 nasionale pad het vroeër jare deur Reddersburg gegaan. Net noord van Reddersburg kruis die N6 die Rietrivier, hou feitlik noord vir 60 km en bereik Bloemfontein waar dit eindig in Kerkstraat.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]