NG gemeente Roodepoort-Noord
Voorkoms
Die NG gemeente Roodepoort-Noord was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1953. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Eerstestraat en Sewendelaan, Roodepoort-Noord. In 2013 was die leraar ds. T.F. Theron. Daar was in daardie jaar 15 doop- en 201 belydende lidmate. Einde 2014 was dit onderskeidelik 10 en 182 en het ds. Theron die gemeente verlaat. Die laaste diens in die kerk is gehou op 21 Februarie 2016. Op 1 Maart 2016 is die gemeente ingelyf by die NG gemeente Horison-Noord.[1]
Enkele leraars
[wysig | wysig bron]- Jozua Petrus Theron, 1954 – 1957
- Christian Peter Brand, 1958 - 1961
- Marthinus Christoffel Fourie, 1967 - 1974
Bronne
[wysig | wysig bron]- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Die kerkgebou se hoeksteen.
-
Die geboukompleks, van agter gesien.
-
Die orrelgalery.
-
Die liturgiese ruimte.
-
Uitsig vanaf die orrelgalery.
-
Die trap na die orrelgalery.
-
Banke in die kerkgebou.