Nahoonrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nahoonrivier
Xhosa: Nxaruni
Oorsprong Amatholeberge
Monding Indiese Oseaan
Stroomgebied Oos-Kaap
Monding-hoogte 0
Ligging van Nahoonrivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
Nahoonrivier
Nahoonrivier
Koördinate: 32°59′0″S 27°57′5″O / 32.98333°S 27.95139°O / -32.98333; 27.95139Koördinate: 32°59′0″S 27°57′5″O / 32.98333°S 27.95139°O / -32.98333; 27.95139

Die Nahoonrivier is 'n rivier in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die rivier en die Nahoondam (32°54′36″S 27°48′55″O / 32.91000°S 27.81528°O / -32.91000; 27.81528) voorsien sommige van die water aan Oos-Londen en omgewing.

Dit loop oos van die Buffelsrivier en die hawe, en wes van die Gonubierivier. Die voorstad Nahoon lê op sy westewal en Beacon Bay op die oostewal.

Die rivier vloei deur 'n strandmeer en Afrika se suidelikste mangrove-woud wat by 32°59′0″S 27°57′0″O / 32.98333°S 27.95000°O / -32.98333; 27.95000 in die Indiese Oseaan uitmond. Oorkant die monding is die Nahoonrif wat baie gewild is vir branderplankry en ook bekend is vir aanvalle deur witdoodshaaie op ryers.

Ekologie[wysig | wysig bron]

'n Klein bevolking van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) kom in die Nahoonrivier voor.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]