Nana Sita

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nana Sita
Bynaam Nanabhai[1]
Geboortenaam Nana Sita
Gebore 1898
Matwadi, Gujarat, Indië
Oorlede 23 Desember 1969 (op 71)
Nasionaliteit Vlag van Indië Indië
Beroep Politieke aktivis, President van die Transvaalse Indiërkongres
Ander poste, ampte Kleinhandelaar
Bekend vir Betrokke in die Indiese passiewe weerstandsbeweging, President van die Transvaalse Indiërkongres[2]
Huweliksmaat Pemiben Sita[3]
Kind(ers) Maniben Sita en Ramlal Bhoolia

Nana Sita (ook bekend as Nanabhai) is in 1898 in Matwadi, 'n dorp in Gujarat, Indië, gebore, en het grootgeword in 'n familie wat betrokke was in die Indiese weerstandsbeweging. Hy het in 1913 na Suid-Afrika gegaan om boekhouding the studeer, en het vir 'n geruime tyd saam met J. P. Vyas in Pretoria gewoon. Kort na sy aankoms het Mahatma Gandhi in Pretoria aangekom vir onderhandelinge met generaal Jan Smuts, en vir byna twee maande in dieselfde huis as Sita gewoon. Die interaksie met Gandhi het 'n groot invloed op sy lewe gehad en hy was 'n groot voorstander van passiewe weerstand. Hy het 'n vele male trokstraf uitgedien omdat hy geweier het om sy huis te verlaat, nadat die voorstad waar hy saam met sy gesin vir 44 jaar lank gewoon het, vir blanke inwoners geproklameer is.[4]

Straatnaam[wysig | wysig bron]

Nana Sitastraat (voorheen bekend as Skinnerstraat) in Pretoria is in 2012 na hom genoem.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]