1898
Voorkoms
1898 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1893 | 1894 | 1895 | 1896 | 1897 | ◄ 1898 ► | 1899 | 1900 | 1901 | 1902 | 1903 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1898 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Guangxu-keiser van Sjina | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1898 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 13 Januarie – Émile Zola publiseer J'Accuse om die Alfred Dreyfus-aangeleentheid bloot te lê en beskuldig die Franse regering van anti-Semitisme.
- 15 Januarie – In Pretoria word Fort Klapperkop amptelik deur president Paul Kruger in gebruik geneem, op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog.
- 7 Februarie – Émile Zola word verhoor vir laster vir J’Accuse as deel van die Alfred Dreyfus-saak.
- 13 Maart – Pous Leo XIII verklaar Pous Innocentius V salig.
- 26 Maart - Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek proklameer die Sabi-wildreservaat in die Laeveld.
- 22 April – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Die Amerikaanse Vloot begin 'n blokkade van Kubaanse hawens en die USS Nashville neem beleg van 'n Spaanse handelskip.
- 25 April – Met die Filippynse Rewolusie begin die Spaans-Amerikaanse Oorlog.
- 11 Junie – Die Guangxu keiser van China begin sy ‘Honderd dae van hervorming’.
- 13 Junie – Yukon word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied van die Kanadese Konfederasie met Dawson as hoofstad.
- 7 Julie – Die Verenigde State annekseer Hawaii.
- 12 Junie – Die Filippyne verklaar amptelik onafhanklikheid van Spanje.
- 12 Augustus – Die Spaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die anneksasie van die Filippyne, Guam, Kuba en Puerto Rico deur die Verenigde State.
- 26 Desember – Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van ’n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- Aleister Crowley, bekend in okkultisme sluit aan by die Orde van die Goue Skemer.
- In België word Nederlands naas Frans as ampstaal erken.
- Die spoorwegverbinding tussen Pretoria en Nylstroom word geopen.
- Henry James publiseer sy kortverhaal The Turn of the Screw.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 3 Februarie – Jan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister 1954–1966 († 1967).
- 3 Februarie – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper († 1976).
- 10 Februarie – Bertolt Brecht, Duitse digter, dramaturg en regisseur († 1956).
- 17 Februarie – Gregor Wentzel, Duitse fisikus († 1978).
- 20 Februarie – Enzo Ferrari, Italiaanse motorrenjaer en entrepreneur († 1988).
- 28 Februarie – Molly Picon, Amerikaanse aktrise († 1992).
- 4 Maart – Hans Krebs, Duitse general († 1945).
- 8 Maart – Dr. Eben Dönges, aangewese Staatspresident van Suid-Afrika († 1968).
- 10 Maart – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse atleet en rugbyspeler († 1965).
- 26 Maart – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog († 1990).
- 27 Maart – Alma Tell, Amerikaanse aktrise († 1934).
- 9 April – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis († 1976).
- 12 April – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan († 1976).
- 19 April – Constance Talmadge, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 25 April – Stefania Turkewich, Oekraïense komponis,pianis en musikoloog († 1977).
- 26 April – Christo Albertyn Smith, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1956).
- 3 Mei – Golda Meir, Israelse vakbondleier, diplomaat en politikus (eerste minister) († 1978)
- 17 Mei – Dr. F.C.L. Bosman, lektor, skrywer en redakteur van Afrikaanse geskrifte († 1981)
- 5 Junie – Frederico Garcia Lorca, Spaanse skrywer en digter († 1936).
- 6 Junie – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) († 1980).
- 10 Junie – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans († 1987).
- 17 Junie – M.C. Escher, Nederlandse kunstenaar († 1972).
- 8 Julie – Melville Ruick, Amerikaanse akteur († 1972).
- 9 Julie – Gerard Walschap, Vlaamse skrywer († 1989).
- 19 Julie – Herbert Marcuse, Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog en politieke teoretikus († 1979).
- 25 Julie – Miemie Louw-Theron, Afrikaanse skrywer († 1992).
- 26 September – George Gershwin, Amerikaanse komponis († 1937).
- 30 Oktober – Phil Mostert, Suid-Afrika se sestiende Springbokkaptein († 1972).
- 18 November – Joris Ivens, Nederlandse regisseur, skrywer en rolprentvervaardiger († 1989).
- 4 Desember – Maly Delschaft, Duitse aktrise († 1995).
- Albert Luthuli, President van die ANC († 1967).
- Stella Southern, Australiese aktrise († 1939).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 15 Maart – Benjamin Mountfort, Britsgebore Nieu-Seelandse argitek (* 1825).
- 26 Maart – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog (* 1814).
- 30 Julie – Otto von Bismarck, eerste minister van Pruise, kanselier van die Noord-Duitse Verbond en die eerste rykskanselier van die Duitse Keiserryk ( (* 1815).
- 19 September – Sir George Grey, 'n goewerneur van die Kaapkolonie (* 1812).
- 20 September – Theodor Fontane, Duitse skrywer en joernalis (* 1819).
- 29 September – Louise van Hesse-Kassel, Koningin van Denemarke (* 1817).
- 8 Oktober – Carl Otto Hager, 'n Duitse argitek wat bekend geraak om die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1813).
- 20 Oktober – Henry Barkly, Britse politikus (* 1815).
- 10 Desember – Thomas Upington, vierde eerste minister van die Kaapkolonie (* 1844)