Nieu-Taipei

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Nieu-Taipei
新北
New Taipei montage.png

Kaart Seël
Taiwan ROC political division map New Taipei City.svg
New Taipei City seal.png
Vlag
Flag of New Taipei City.svg
 Land Flag of the Republic of China.svg Republiek van Sjina
 Administratiewe gewes Noord-Taiwan
 Koördinate 25°0' N 122°1' O
 Stigting Desember 2010
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 052,6 vk km
 Hoogte bo seevlak - m
 Bevolking:  
 - Totaal (Oktober 2010) 3 893 740
 - Bevolkingsdigtheid 1 897/vk km
 - Metropolitaanse gebied 6 870 357
 Tydsone UTC +8 (CST)
 Burgemeester Eric Chu (KMT)
 Amptelike Webwerf New Taipei
City Government

Nieu-Taipei, soms ook Xinbei genoem, amptelike Engelse naam: New Taipei City (Sjinees: 新北市, Pinyin: Xīnběi Shì, Pe̍h-ōe-jī: Sin-pak-chhī) is die mees bevolkte stad van die Republiek van Sjina op die eiland Taiwan met sowat 3,9 miljoen inwoners. Nieu-Taipei het in Desember 2010 met die samesmelting van alle 29 stede en munisipaliteite in die voormalige landelike Taipei-distrik ontstaan en word regstreeks deur die nasionale regering bestuur.

Sy stadsgebied behels 'n aansienlike deel van Taiwan se noordelike kuslyn en omsluit die Taipei-bekken met die hoofstad Taipei. Dit word in die noord-ooste deur Keelung, die Yilan-distrik in die suid-ooste en die Taoyuan-distrik in die suid-weste begrens.