Norma-sterrestelselswerm
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Norma-swerm)
Norma-sterrestelselswerm | |
---|---|
Gelerige Abell 3627 sterrestelsels met baie melkwegsterre in die voorgrond | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Winkelhaak |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 16h 15m 32,8s |
Deklinasie | -60° 54′ 30″ |
Afstand (ligjaar) | 221,1 miljoen |
Rooiverskuiwing | 0,01570 (4 707 km/s) |
Bindingsmassa | 1015 M☉ |
Ander name | |
Abell 3627, ACO 3627 | |
Portaal Sterrekunde |
Die Norma-sterrestelselswerm of Abell 3627 is ’n ryk sterrestelselswerm wat naby die middel van die Groot Aantrekker geleë is. Dit val in die sterrebeeld Winkelhaak (Latyn: Norma) en is sowat 221,1 miljoen ligjare (67,8 miljoen parsek) van die Aarde af.[1][2] Hoewel dit naby en helder is, is dit moeilik om te sien omdat dit in ’n streek naby die galaktiese vlak van die Melkweg lê, waar voorwerpe op sigbare golflengtes deur ruimtestof verberg word. Die swerm se massa word op sowat 1015 sonmassas geraam.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- ESO-persfoto's 46a-j/99 Geargiveer 22 September 2006 op Wayback Machine
- Galaxy Cluster Has Two 'Tails' to Tell. Nasa, Foto van die dag, 22 Januarie 2010.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abell 3627.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia