Oxford

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oxford
Oxford Montage 2012.png
Wapen van Oxford
Wapen
Ligging van Oxford op 'n kaart (Engeland)
Oxford
Oxford
Koördinate: 51°45′07″N 1°15′28″W Koördinate: 51°45′07″N 1°15′28″W
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
Seremoniële Graafskap Oxfordshire
Stigting 8de eeu
Stadstatus 1542
Regering
 - Lord Mayor Clir Delia Sinclair
Oppervlak
 - Stad  17,6 vk m (45,59 km²)
Bevolking (2011)
 - Stad 150 200
 - Digtheid 8 500/myl2 (3 270/km²)
 - Stedelik 666 358
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode OX
Skakelkode(s) 01865
Webwerf: oxford.gov.uk

Oxford [ˈɒksfərd] is 'n stad in suidelike Sentraal-Engeland. Dit dien as die administratiewe setel van die seremoniële graafskap Oxfordshire waarin dit 'n distrik vorm. Oxford is een van die snelste groeiende stede in die Verenigde Koninkryk, met 'n bevolking van 150 200 binne die stadsgrense en 244 000 in die metropolitaanse gebied.

Die stad het 'n diverse ekonomiese basis met motorvervaardiging, uitgewerye, opvoedkundige instellings, inligtingstegnologie en ander wetenskapsgebaseerde bedrywe. Oxford staan internasionaal veral bekend as setel van die Universiteit van Oxford, die oudste in die land en die Engelssprekende wêreld.

Oxford se boukuns sluit voorbeelde van elke argitektoniese stylperiode in Engeland sedert die vestiging van die Angel-Sakse, waaronder die ikoniese Radcliffe Camera uit die middel van die 18de eeu. Oxford se kolleges oorheers die middestad met hul verskeidenheid boustyle en kenmerkende binnepleine. Maar dit is veral Gotiese stylelemente soos klein en groot torings met hul spitse waaraan Oxford sy bynaam "stad van dromende toringspitse" (city of dreaming spires) te danke het. Die digter Matthew Arnold het met hierdie term na die harmoniese boustyl van Oxford se universiteitsgeboue verwys.