Gaan na inhoud

Palmiet-pompopgaarskema

Koördinate: 34°11′52″S 18°58′27″O / 34.19782°S 18.97407°O / -34.19782; 18.97407
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dam en toring van die Palmiet-pompopgaarskema, gesien vanaf die Palmietrivier
Palmiet-pompopgaarskema is in Suid-Afrika
Palmiet
Palmiet
Ligging van die Palmiet-pompopgaarskema

Die Palmiet-pompopgaarskema is naby Grabouw en verskaf 400 MW krag aan die nasionale transmissienetwerk by Worcester. Dit bestaan uit twee damme, die laerliggende Kogelbergdam in die Palmietrivier, suid van Grabouw, en die hoërliggende Rockviewdam op die waterskeiding tussen die Palmiet- en die Steenbrasrivier. 'n Tonnel tussen die twee damme voer water na die omstelbare pompturbines in die stasie (met 'n opwekkingsvermoë van 400 MW) in die wal van die Kogelbergdam. Buite die spitstyd word water van die Kogelberg- na die Rockviewdam gepomp. Van daar vloei water wat spesifiek aan die Departement van Waterwese toegeken is, vir lewering aan verbruikers langs 'n afsonderlike tonnel deur swaartekrag na die Steenbrasreservoir.

  • "DIE BURGER LAASTE, 15 Oktober 1988 bladsy 3: Skema sal 2% van SA krag voorsien". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2014. Besoek op 24 Februarie 2014.

34°11′52″S 18°58′27″O / 34.19782°S 18.97407°O / -34.19782; 18.97407