Palmietfontein Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Palmietfontein Lughawe
IATA: geenICAO: geen
Opsomming
Tipe lughawe Gesluit
Ligging Johannesburg, Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak 5107 vt / 1557 m
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
17/35 6000 1829 Teer
04/22 4500 1372 Teer
13/31 4950 1509 Gras

Palmietfontein Lughawe, in die Germiston-distrik, was vir 'n kort tydperk na die Tweede Wêreldoorlog as Johannesburg, Suid-Afrika, se lughawe gebruik.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

The Star rapporteer oor Comet se eerste vlug in 1952.

Voorheen is die Randse Lughawe as Johannesburg se lughawe gebruik. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) was dan ook daar gevestig. Na die Tweede Wêreldoorlog het BOAC (British Overseas Airways Corporation) besluit om die Avro York-vliegtuig te gebruik vir hul vlugte na en van Suid-Afrika. SAL het ook 'n paar van hierdie vliegtuie by BOAC gehuur. Ongelukkig was die aanloopbane by die Randse Lughawe te kort vir hierdie vliegtuie. Daar is toe besluit om 'n nuwe lughawe in Kemptonpark te bou. Tot tyd en wyl die nuwe lughawe gereed was, sou die ou lugmagbasis op Palmietfontein naby Germiston gebruik word.[1]

SAL se eerste interkontinentale vlug is op 10 November 1945 onderneem. Die roete was Palmietfontein-Nairobi-Kartoem-Kaïro-Castel Benito-Hurn (Bournemouth). Die vlug het drie dae geduur, met oornagverblyf in Nairobi en Kaïro. Die vliegtyd was meer as 33 uur. [1] Nog 'n rekordprestasie was Qantas se vlug van Sydney oor Perth, Kokoseilande, Mauritius na Palmietfontein. Die vlugtyd was net onder 42 uur. Die eerste straleraangedrewe passasiersvlug was BOAC se de Havilland Comet wat op 3 Mei 1952 op Palmietfontein geland het.[2]

Uitleg[wysig | wysig bron]

Uitleg van die aanloopbane

Daar was drie aanloopbane wat 'n driehoek gevorm het. Die langste aanloopbaan, 17/35, was 6 000 voet lank. Aanloopbaan 04/22 was 4 500 voet lank. Beide voormelde bane was geteer. Aanloopbaan 04/22 was met gras bedek.

Latere gebruik[wysig | wysig bron]

Nadat Jan Smuts Lughawe in gebruik geneem is, is Palmietfontein omskep in 'n motorrenbaan.[3] In 1956 is die Randse Grand Prix daar gehou. Daarna is die Natalspruit hospitaal op die terrein opgerig. Die ou hoofgebou van die lughawe is vir jare lank deur die hospitaal gebruik. Mens kan nog die ou aanloopbane op Google Earth eien. Sien 26°20'12"S, 28°08′48″E.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Koördinate: 26°20′12″S 28°08′48″O / 26.33667°S 28.14667°O / -26.33667; 28.14667