Gaan na inhoud

Parazoa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Parazoa
Tydperk: Ediacarium – tans
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Parazoa
Filums

Parazoa is ’n ou subkoninkryk onder diere. Die naam beteken letterlik "langs die diere".

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Parazoa verskil van hul Choanoflagellatea-voorsate deurdat hulle nie mikroskopies is nie en gedifferensieerde selle het. Hulle het egter nie weefsel en organe nie. Die enigste oorlewende Parazoa is sponse, wat tot die filum Porifera behoort, en die Trichoplax in die filum Placozoa.

Parazoa se liggaam het geen simmetrie nie; alle ander diergroepe toon die een of ander vorm van simmetrie. Daar is tans 5 000 spesies, waarvan 150 varswaterdiere is. Larwes is plankton en volwassenes sittend.

Kladistiek

[wysig | wysig bron]

Die skeiding tussen Parazoa en Eumetazoa word geraam op 940 miljoen jaar gelede.[1]

Die groep word nou as parafileties beskou.[2] Dit word nie ingesluit in die meeste moderne kladistiese ontledings nie. Wanneer daarna verwys word, word dit soms beskou as dieselfde as Porifera.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Nikoh N, Iwabe N, Kuma K, et al. (Julie 1997). "An estimate of divergence time of Parazoa and Eumetazoa and that of Cephalochordata and Vertebrata by aldolase and triose phosphate isomerase clocks". J. Mol. Evol. 45 (1): 97–106. doi:10.1007/PL00006208. PMID 9211740. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2000. Besoek op 20 Maart 2009.
  2. "Parazoa Taxonomy" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op 20 Maart 2009.
  3. "www.ncbi.nlm.nih.gov" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 20 Maart 2009.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]