Pennsylvanium
Voorkoms
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Die Pennsylvanium is in die geologiese tydskaal die laaste epog of serie in die periode/sisteem Karboon. Dit het van sowat 323,2 tot 298,9 miljoen jaar gelede geduur.[1] Dit is voorafgegaan deur die Mississippium en gevolg deur die Sisuralium van die Perm-periode.
Die Pennsylvanium is genoem na die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en word onderverdeel in vier tydsnedes of etages: die Bashkirium, Moskovium, Kasimovium en Gzhelium.
In Noord-Amerika is die Karboon vroeër beskou as twee aparte periodes, die Mississippium en Pennsylvanium. Dié name word selde gebruik tensy oor die Noord-Amerikaanse geologie gepraat word. In Europa word meestal gepraat van die "Laat Karboon" of "Silesium".
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256