Pentagon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die verdedigingskompleks in Amerika. Vir die meetkundige vyfhoek, sien pentagoon.
Die Pentagon

Die Pentagon is 'n gebou in Arlington County, Virginië, aan die grens van Washington, D.C. in die Verenigde State van Amerika.

Die gebou is die hoofkwartier van die Amerikaanse Ministerie van Verdediging en die naam Pentagon word gereeld metonimies vir dié departement gebruik. Die naam verwys na die vyfhoekige vorm van die gebou.