Gaan na inhoud

Phibsoo-natuurlewereservaat

Koördinate: 26°47′53″N 90°2′41″O / 26.79806°N 90.04472°O / 26.79806; 90.04472
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Phibsoo-natuurlewereservaat
Land Vlag van Bhoetan Bhoetan
Distrikte Dagana
Sarpang
Hoogste punt 1 600 m
Laagste punt 200 m
Oppervlakte 268,93 km2
Diere Axishert
Gangesrivierdolfyn
Plante Salboom (Shorea robusta)
Webtuiste Bhutan-trustfonds

Die Phibsoo-natuurlewereservaat is die tweede kleinste beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan 268,93 km2 in die distrikte Dagana en Sarpang aan die grens met Wes-Bengale. Sy hoogte wissel tussen 200 en 1 600 m. Dit is deur ’n "biologiese korridor" wat ’n nasionale snelweg kruis verbind aan die Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck en die Koninklike Nasionale Park Manas.

Flora en fauna[wysig | wysig bron]

Axisherte.

Phibsoo is uniek in Bhoetan vanweë sy axisherte, ’n takbok met kolle, en woude met salbome (Shorea robusta). Nes in die Manas-park word olifante, Bengaalse tiere, gaurs en Gangesrivierdolfyne in Phibsoo aangetref. Dit het geen menslike inwoners nie.[1][2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Parks of Bhutan". Bhutan Trust Fund for Environmental Conservation online (in Engels). Bhutan Trust Fund. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2016. Besoek op 26 Maart 2011.
  2. "Phipsoo Wildlife Sanctuary". Himalaya 2000 online (in Serwies). Bhutan Travel Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 2 April 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

26°47′53″N 90°2′41″O / 26.79806°N 90.04472°O / 26.79806; 90.04472