'n Plekkie in die son
'n Plekkie in die son | |
---|---|
Regisseur | William Faure |
Produksieleier | Sven Forsell (produksie bestuurder) met Flip Bezuidenhout en Hans Kühle Sr. |
Draaiboek | Draaiboek: De Waal Venter |
Met | Jana Cilliers Tobie Cronjé Hermien Dommisse Magda Beukes Regardt van den Bergh Sann de Lange |
Musiek deur | Zane Cronjé |
Kinematografie | Hans Kühle Jr. |
Ateljee | Flip Bezuidenhout Produksies |
Uitgereik | 1979 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
'n Plekkie in die son is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1979 vrygestel is. Die regisseur was William C. Faure en die skrywer De Waal Venter.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Magda Beukes
- Estelle Bohnen
- Johnny Bohnen
- Jan Bruyns
- Jana Cilliers as Karen Viljoen
- Tobie Cronjé as Piet Fieks
- Sann de Lange as Mrs. Marais
- Karel de Wet as Carel de Wet
- Hermien Dommisse
- Paul Marais as Mr. Marais
- Dana Niehaus
- Rina Nienaber as Beatrice
- Elma Potgieter
- Eckard Rabe
- Ina Rowles
- Danie Schoerie
- Flip Theron as Jack
- Dulcie van den Bergh
- Regardt van den Bergh as die dokter
- Annelisa Weiland as Annelize Weiland
- Elize Lizamore
Storielyn
[wysig | wysig bron]'n Gevreesde siekte verwoes Karen Viljoen se lewe as gelukkig getroude rykmansvrou. Die ontdekking dat sy melaats is, is maar die begin van haar swaarkry. Terwyl Karen in die Westford-hospitaal met haar siekte worstel, vind Otto, haar man, vertroosting by sy sekretaresse. Vir die siek Karen word die stryd te veel toe haar seuntjie ook van haar weggeneem word. Die nuus bring haar tot by die randjie van 'n senu-instorting. Haar geneesheer, Dr. Tertius Louw, keer net betyds, maar sy liefde en toewyding bring net ellende. Maande later word Karen ontslaan, genees van melaatsheid, maar nie van die stigma nie. Nie net verwerp die gemeenskap haar nie, maar ook Otto. Karen besluit om na Westford terug te keer – na Tertuis en haar Plekkie in die son.