Poortjieskloofdam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Poortjieskloofdam
Amptelike naam Poortjieskloofdam
Ligging naby Montagu
Provinsie/Land Wes-Kaap, Suid-Afrika
Koördinate 33°39′58″S 20°00′49″O / 33.66611°S 20.01361°O / -33.66611; 20.01361Koördinate: 33°39′58″S 20°00′49″O / 33.66611°S 20.01361°O / -33.66611; 20.01361
Dam op Grootrivier
Doel Besproeiing
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Boogdam
Hoogte van wal 38 m
Lengte van wal 144 m
Reservoir Poortjieskloofdam
Kapasiteit 9 680 000 m³
Opvangsarea 94 km²
Damoppervlak 305 ha

Die Poortjieskloofdam in die Grootrivier verskaf besproeiingswater aan plase in die omgewing van Montagu.

Hierdie dam lê in die Langeberge, suidoos van Montagu, noord van die R62-pad na Barrydale en noord van die Marloth-natuurreservaat. Dit is by die koördinate 33° 52′ suid en 20° 22′ oos.

Die dam is in 1955 gebou en in 1968 ingrypend opgeknap, het tans ‘n volume van effens meer as 9 500 m³ met ‘n walhoogte van 38 m. As die dam vol is, is sy oppervlakte net meer as ‘n vierkante kilometer.

Alhoewel ’n steil pas deel uitmaak van die grondpad van 5½ km na die dam, maak baie hengelaars daarvan gebruik.

Let wel[wysig | wysig bron]

Hierdie dam moet nie verwar word met die effens meer noordwes geleë Pietersfonteindam.

Sien ook[wysig | wysig bron]