Prins Andrei Romanof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Prins Andrei Romanof
Geboortenaam Andrei Andrejewitsj Romanof
Gebore 21 Januarie 1923 (1923-01-21) (96 jaar oud)
Londen, Engeland
Ouers Prins Andrei Aleksandrowitsj van Rusland en Elisabetha Ruffo
Titel Prins van Rusland
(Huis van Holstein-Gottorp-Romanof)
Beroep Kunstenaar, skrywer
Bekend vir Hoof van die Huis van Romanof (betwis)
Termyn in amp 31 Desember 2016 – tans
Voorganger Prins Dmitri Romanof
Huweliksmaat Elena Dourneva
Kathleen Norris
Inez von Bachelin

Andrei Andrejewitsj Romanof (Engels: Andrew Andreyevich Romanov; geb. 21 Januarie 1923) is ’n Russies-Amerikaanse kunstenaar en skrywer. Hy is ’n kleinneef van Rusland se laaste keiser, Nikolaas II. Sedert prins Dmitri Romanof se dood op 31 Desember 2016 is hy ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en president van die Romanof-familievereniging.

Biografie[wysig | wysig bron]

Prins Andrei Romanof (middel) saam met die Russiese miljardêr Arkadi Wolozj (regs).

Romanof is in Londen, Engeland, gebore as seun van prins Andrei Aleksandrowitsj van Rusland en sy eerste vrou, Elisabetha Sasso-Ruffo.[1] Hy is die hoof van die familie van sy oupagrootjie, tsaar Aleksander III. Hy is die oudste lewende kleinseun in die manlike lyn van groothertog Aleksander Michailowitsj van Rusland en sy vrou, groothertogin Ksenia Aleksandrowna, die oudste suster van Nikolaas II;[2] hy is dus die laaste tsaar se naaste verwant in die Romanof-familie. Sy peetpa was Edward VIII van die Verenigde Koninkryk.[3] Die gesin het in sy kinderjare in ’n gastehuis by Windsor-kasteel gewoon.[4]

Hy het in die Tweede Wêreldoorlog in die Britse vloot gedien. In 1949 het hy Brittanje verlaat en na die VSA verhuis, waar hy ’n ruk lank as ’n timmerman gewerk het.[5] Hy het op 20 Desember 1954 ’n Amerikaanse burger geword.[2]

Romanof woon tans in Kalifornië en het in 2007 ’n outobiografie, The Boy Who Would Be Tsar, die lig laat sien; dit is met sy eie kunswerk geïllustreer. Hy het ook al wêreldwyd uitstallings gehou.

Hy is getroud met Inez von Bachelin, sy derde vrou. Hy het drie seuns uit sy vorige huwelike.

Titel en aanspreekvorm[wysig | wysig bron]

  • Sy Hoogheid prins Andrei Andrejewitsj van Rusland

L.W. Sedert die Russiese Rewolusie gebruik lede van die keiserlike familie nie meer "van Rusland" agter hul naam nie – eerder die prinslike titel met die van Romanof agteraan.[6] Hierdie titel, en selfs sy reg op die van Romanof, word deur sommige betwis.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Almanach de Gotha. Gotha: Justus Perthes. 1944. p. 113. 
  2. 2,0 2,1 Lundy, Darryl. “The Peerage”. URL besoek op 3 October 2007.
  3. van der Kiste, John; Coryne Hall (2004). Once A Grand Duchess. Sutton Publishing. p. 209. ISBN 0-7509-3521-9. 
  4. Farr, Kristin (5 Februarie 2007). “Art Review : Andrew Romanoff: The Boy Who Would Be Tsar”. URL besoek op 3 Oktober 2007.
  5. Liberatore, Paul (22 Januarie 2007). “Liberatore at Large: Shrinky Dink autobiography tells the storybook life of a Russian prince in Inverness”. URL besoek op 3 Oktober 2007.
  6. Almanach de Gotha (186de uitg.). 2003. p. 314. ISBN 0-9532142-4-9. 
  7. Dynastic Succession”. imperialhouse.ru. URL besoek op 26 Julie 2009.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]