Gaan na inhoud

Prostaatmassering

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Mediese ondersoek van die prostaat.

Prostaatmassering, in Engels ook prostate milking genoem (gewoonlik in ’n seksuele verband), is die massering van die prostaatklier by mans, vir óf mediese óf seksuele doeleindes.

Die prostaatklier, ook bekend as die P-kol (die manlike G-kol), is deel van die seksproses by mans en is noodsaaklik vir ejakulasie. Dit is net agter die rektale wand geleë en kan met die hand gestimuleer word. Vloeistof wat in die prostaatklier opgehoop het, word tydens orgasme uitgewerp.

Mediese prostaatmassering

[wysig | wysig bron]

Prostaatmassering is deel van uroloë se vingerondersoek vir mans om te soek na knoppies van prostaatkanker en om ’n prostaatafskeiding te kry vir ondersoek onder die mikroskoop.

In die laat 1990's het sommige dokters prostaatmassering saam met antibiotika gebruik vir die behandeling van chroniese bakteriese prostaatontsteking, maar die resultate was onseker.[1][2] Daarom word prostaatmassering vandag nie gebruik vir die behandeling van enige mediese toestand nie en dit moet nooit toegepas word op mense met akute prostaatontsteking nie omdat die infeksie na die res van die liggaam kan versprei.[3]

Seksuele prostaatmassering

[wysig | wysig bron]
Seksuele massering van die prostaat.

Die massering van die prostaat met ’n gesmeerde vinger, prostaatmasseerder of mediese instrument kan lei tot die uitwerping van saadvog sonder die stimulering van die penis. Die prostaatklier kan ook uitwendig gemasseer word deur die perineum, hoewel dit nie noodwendig tot die uitwerping van saadvog sal lei nie.

Baie ligte massering moet gebruik word. Die indeksvinger en ’n lateks-handskoen moet gebruik word om die lobbe weerskante van die prostaatklier te masseer. Voorsorg moet getref word om nie die senuwees in die middel van die klier te wild te vryf nie.

As die klier vol is en seksueel gestimuleer word, kan dit saamtrek en so saadvog uitwerp nes tydens ’n gewone ejakulasie.

Prostaatmassering in ’n seksuele verband kan verwys na óf as deel van masturbasie óf soos uitgevoer deur ’n seksmaat as deel van gewone seks. Die intensiteit van die man se ejakulasie en orgasme word verhoog deur die stimulasie van die prostaatklier en die anus self. Die hoeveelheid saadvog word ook vergroot en dit verhoog die plesier van die ejakulasie.

Risiko

[wysig | wysig bron]

Prostaatmassering kan gevaarlik wees as dit nie korrek uitgevoer word nie of as dit te wild gedoen word.[4]

Toerusting

[wysig | wysig bron]

’n Prostaatmasseerder is ’n toestel wat te koop is om in die anus te gebruik om die prostaatklier te stimuleer, hoofsaaklik vir seksuele doeleindes.

Die vorm van die toestel is dieselfde as dié van ’n vinger omdat prostaatmassering gewoonlik met die vinger gedoen word. Dit het gewoonlik ’n effens gebuigde kop om die prostaatklier doeltreffend te stimuleer. Die korrekte gebruik is gewoonlik ’n ligte, herhalende massering of sirkulêre beweging; die toestel moet nie in en uit die anus beweeg word nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Prostate massage
  1. Nickel JC, Downey J, Feliciano AE, Hennenfent B (1999). "Repetitive prostatic massage therapy for chronic refractory prostatitis: the Philippine experience". Techniques in urology. 5 (3): 146–51. PMID 10527258.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Shoskes DA, Zeitlin SI (1999). "Use of prostatic massage in combination with antibiotics in the treatment of chronic prostatitis". Prostate Cancer and Prostatic Diseases. 2 (3): 159–162. doi:10.1038/sj.pcan.4500308. PMID 12496826.
  3. Nickel JC (November 1999). "Prostatitis: evolving management strategies". The Urologic clinics of North America. 26 (4): 737–51. PMID 10584615.
  4. "Prostatitis Prostate Massage or Drainage" (in Engels). www.chronicprostatitis.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 29 Desember 2008.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]