Ptolemeus III Euergetes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ptolemeus III Euergetes
Ptolemaeus, Ptolemaios
’n Goue muntstuk met Ptolemeus III se kop wat deur sy seun, Ptolemeus IV, laat munt is.
’n Goue muntstuk met Ptolemeus III se kop wat deur sy seun, Ptolemeus IV, laat munt is.
Koning van Egipte
Periode 246–222 v.C.
Voorganger Ptolemeus II Philadelphus
Opvolger Ptolemeus IV Philopator
Vader Ptolemeus II Philadelphus
Moeder Arsinoe I
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte
’n Standbeeld van Ptolemeus III as Hermes.

Ptolemeus III Euergetes (bewind: 246–222 v.C.) was die derde koning van Antieke Egipte se Ptolemeïese Ryk.

Hy was die oudste seun van Ptolemeus II Philadelphus en sy eerste vrou, Arsinoe I, en het in 246 v.C. aan die bewind gekom ná sy pa se dood. Hy was met Berenice II getroud.

Ptolemeus III was verantwoordelik vir die eerste bekende voorbeeld van ’n reeks verordeninge wat hy in twee tale laat publiseer het. Dit is in 218 v.C. opgevolg deur die Verordening van Memphis van sy seun, Ptolemeus IV, en in 196 v.C. deur die beroemde Rosettasteen van sy kleinseun, Ptolemeus V.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Clayton, Peter A. (2006). Chronicles of the Pharaohs: the reign-by-reign record of the rulers and dynasties of ancient Egypt. Thames & Hudson. ISBN 0-500-28628-0. 
  • Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia