Quanita Adams

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Quanita Adams
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Rolprente Forgiveness, Skeem
Toekennings 4 Fleur du Cap-pryse,
SAFTA-prys
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Quanita Adams is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat in verskeie verhoog-, rolprent- en TV-produksies opgetree het. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer, waar sy haar honneursgraad in drama in 2002 verwerf het. [1]

Adams het rolle in films soos Forgiveness (saam met Arnold Vosloo), Cape of Good Hope en Skeem vertolk. Van haar noemenswaardige teaterwerk sluit in Truth in Translation en At Her Feet. Sy het ook in TV-reekse soos Binnelanders, Orion, Erfsondes en Villa Rosa gespeel.[2]

Pryse[wysig | wysig bron]

  • 2003 – Fleur du Cap-prys vir die beste spel in 'n revue vir For Colored Girls… (saam met Amrain Ismail-Essop, Jacqui Pickering, Roshina Ratnam en Warona Seane)
  • 2004 – Fleur du Cap-prys vir beste aktrise vir Valley Song en At Her Feet
  • 2006 – SAFTA-prys vir Beste Aktrise – Film
  • 2008, 2009 – Fleur du Cap-prys vir beste byspeler vir Cissie
  • 2013 – Fleur du Cap-prys vir haar hoofrol in Boesman en Lena (saam met Elton Landrew; deur Athol Fugard en onder regie van Iames Ngcobo).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Profiel op tvsa.co.za], besoek op 19 Desember 2015