Robert H. Jackson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Robert Houghwout Jackson
Robert H. Jackson

Mederegter van die Hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika

Persoonlike besonderhede
Gebore (1892-02-13)13 Februarie 1892
Sterf 9 Oktober 1954 (op 62)

Robert Houghwout Jackson (13 Februarie 1892 – 9 Oktober 1954) was 'n Amerikaanse prokureur en regter wat gedien het as 'n Mederegter van die Hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika. Hy het voorheen gedien as die VSA "Solicitor General", asook as die Verenigde State Prokureur-Generaal (Engels: "United States Attorney General") , en is die enigste persoon wat al drie die poste beklee het. Jackson was ook bekend om sy werk as die Hoof VSA Aanklaer tydens die Neurenberg-verhore van oorlogsmisdadigers van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty na afloop van die Tweede Wêreldoorlog.

Jackson was toegelaat tot die balie deur 'n kombinasie van regswerk by 'n gevestigde prokureur en deur die bywoning van Regskool. Hy is die mees onlangse regter sonder 'n regsgraad om aangestel te word by die VSA Hooggeregshof. Jackson is bekend om sy advies dat, "Enige prokureur wat sy sout werd is, die verdagte sal vertel, in geen onsekere terme, om geen verklaring aan die polisie onder enige omstandighede te maak nie,"[1] en vir sy aforisme in die beskrywing van die Hooggeregshof, "Ons is nie finaal omdat ons onfeilbaar is nie, maar ons is onfeilbaar slegs omdat ons finaal is."[2] Jackson het 'n reputasie ontwikkel as een van die beste skrywers op die Hooggeregshof en as een van die mees toegewyd wat betref die afdwing van die "due process" (behoorlike proses) vereiste, as synde beskerming teen oorywerigheid deur federale agentskappe.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Watts v. Indiana, 338 U.S. 49, 59.
  2. Brown v. Allen, 344 U.S. 443.