Rod Stewart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rod Stewart
Rod Stewart 86.jpg
Rod Stewart tydens 'n konsert.
Geboorte 10 Januarie 1945 (1945-01-10) (72 jaar oud)
Londen
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Popmusiek
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1964-nou
Webwerf http://www.rodstewart.com/
Portal.svg Musiekportaal

Roderick David (Rod) Stewart is 'n Britse popsanger, bekend vir sy heserige blues-stem en ongewone haarstyl. Hy is op 10 Januarie 1945 in Londen van 'n Engelse moeder en Skotse pa gebore. Toe hy in die 1960's begin sing het, was hy 'n sokkerspeler vir Brentford (in Londen) se sokkerklub. In die 1970's het hy 'n solo-loopbaan begin, wat aan hom internasionale roem besorg het. Hy het al meer as 100 miljoen albums verkoop. Onder sy treffers tel Maggy May (1971) en Sailing (1975). In die 2000's het hy in die neuriestyl begin sing.[1]

In 2006 ontvang hy die Orde van die Britse Ryk vir sy kulturele en artistieke verdienste vir die Verenigde Koninkryk. Op 10 Junie 2016 word hy tot ridder geslaan, wat aan hom die titel van 'sir' toeken. Hy is ook in die befaamde Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]