Rosj Hasjana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tasjliech doen

Rosj Hasjana (Hebreeus: ראש השנה, hoof van die jaar) is die Joodse nuwejaar, wat twee dae duur en plaasvind op die eerste en tweede dag van die eerste Joodse maand Tisjrie (volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober). Rosj Hasjana is 'n tyd van gebed en inkeer, en in die sinagoge word die sjofar (ramshoring) honderd keer geblaas. Die Jode wens mekaar sjana towa, wat 'gelukkige nuwejaar' beteken, eet appels met heuning en doen tasjliech.

Die fees van Rosj Hasjana is ingestel in Levitikus (Wajkira) 23:24[1] en Numeri (Bemidbar) 29:1[2] maar die eerste aanduiding van viering is in Esegiël (Jechezkel) 40:1.[3]

Datums[wysig | wysig bron]

  • Joodse jaar 5779: Sondagaand 9 September – Dinsdagaand 11 September 2018
  • Joodse jaar 5780: Sondagaand 29 September – Dinsdagaand 1 Oktober 2019

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Levitikus 23:24, 1983-Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
  2. Numeri 29:1, 1983-Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
  3. Esegiël 40:1, 1983-Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]