Rugby League Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rugby League Park
Ligging Christchurch, Nieu-Seeland
Koördinate 43°32′37.32″S 172°36′14.76″O Koördinate: 43°32′37.32″S 172°36′14.76″O
Renovasie 24 Maart 2012
Eienaar Canterbury Rugby League
Oppervlak Gras
Voormalige name Addington Skougronde
Tuisveld van
Crusaders (Rugby) (2012-huidig)
Canterbury Bulls
South Island Rugby League-span
Kapasiteit
18,000 (sedert 2012 vir Superrugby)

Rugby League Park (ook bekend as Christchurchstadion) is 'n stadion in Christchurch, Nieu-Seeland wat vir rugby en rugby league aangewend word. Die stadion was vroeër bekend as die Addington Skougronde en word besit deur die Canerbury Rugby League.

Rugby League Park het ernstige skade gekry tydens die Christchurch-aardbewing in Februarie 2011 en is toegemaak tot 24 Maart 2012.[1]

Na die aardbewing moes die paviljoene afgebreek word. Die AMI-stadion, die hoofsportgronde in Christchurch, het egter heelwat meer skade gely. As tydelike vervanging vir die stad is Rugby League Park opgegradeer na 18,000 sitplekke in Maart 2012 met ’n moontlike uitbreiding na 26,000 vir groot wedstryde. Die gevolg was dat die Crusaders hul basis na Rugby League Park geskuif het vir die 2012 Superrugbyseisoen. Die stadion sal ook die gasheer wees van ’n All Black-wedstryd en ’n wedstryd van die Wellington Phoenix.[2][3]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Afskop uitgestel maar wintersportsoorte verwag om te speel The Star, 4 Maart 2011
  2. (en) Nuww rugbystadion vir Christchurch New Zealand Herald, 8 November 2011
  3. (en) Gorman, Paul. "League park Crusaders se nuwe tuiste", The Press, 8 September 2011. URL besoek op 6 November 2011.