SV Wacker Burghausen
Volledige naam | Sport-Verein Wacker Burghausen 1930 e.V. |
Stigtingsdatum | 1930 |
Tuisveld | Wacker-Arena, Burghausen |
Kapasiteit | 12 000 |
Kompetisie | Bundesliga 2 |
SV Wacker Burghausen is 'n Duitse sportklub uit die dorp Burghausen in Beiere met ongeveer
6 000 lede wat meer as 20 sportsoorte beoefen. Die klub is veral bekend vir sy sokkerspan, wat in die 2. Bundesliga meeding.
Die klub was vir jare relatief obskuur, maar het in die 2002/03-seisoen sy grootste prestasie behaal deur na die 2. Bundesliga te promoveer. Die klub se tuisveld, die Wacker-Arena, was vroeër bekend as die Stadion an der Liebigstraße en moes reeds verskeie kere vergroot word om te voldoen aan die lisensievereistes van die hoër ligas waarin die span die afgelope jare meeding.
Die Wacker in die span se naam verwys na 'n groot plaaslike chemiese maatskappy onder wie se beskerming die sportklub aanvanklik gestig is en wat steeds een van die hoofborge is.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]3. Liga 2010/11-seisoen | |
Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - |