Saab 340

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Saab 340
Saab 340 G-LGNC IMG 3425 (11712072893).jpg
'n Saab 340, bedryf deur Loganair vir Flybe, met onderstel ingetrek
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger Saab AB
Nooiensvlug 25 Januarie 1983
Bekendstelling 1984
Status Aktief
Hoofgebruikers Regional Express Airlines
Silver Airways
Loganair
PenAir
Vervaardig 1983–1999
Aantal gebou 459
Weergawes Saab 2000

Die Saab 340 is 'n Sweedse tweemotorige turboskroefvliegtuig wat ontwerp en aanvanklik vervaardig is deur Saab AB en Fairchild Aircraft. Die vliegtuig is ontwerp om 30 tot 36 passasiers te vervoer en in Julie 2018 was daar 240 vliegtuie deur 34 lugrederye bedryf.

Volgens die aanvanklike produksie-ooreenkoms is vervaardiging 65:35 tussen Saab en Fairchild verdeel. Saab het die vol-aluminiumromp en stertvin gebou en ook die vliegtuig aanmekaar gesit in Linköping, Swede terwyl Fairchild die vlerke, stertvlakke en enjinhulse vir die twee turboskroefmotore vervaardig het. Nadat Fairchild in 1985 hierdie werk gestaak het, is die vervaardiging van die komponente na Swede verskuif.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]