Santa Ana, Kalifornië
Voorkoms
Kaart | Seël |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Orange |
Koördinate | 33°44′N 117°53′W / 33.733°N 117.883°W |
Stigting | 1869 |
Geïnkorporeer op | 1 Junie 1886 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 71,271 vk km |
Hoogte bo seevlak | 35 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 331 953 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 600/vk km |
Tydsone | PST (UTC -8) |
Somertyd | PDT (UTC -7) |
Burgemeester | Miguel A. Pulido |
Amptelike Webwerf | santa-ana.org |
Santa Ana is 'n stad in die deelstaat Kalifornië in 'n vrugbare vallei wes van die Santa Ana-berge. Naby die stad is daar verskeie canyons, rotsformasies, strande en olievelde. Die administratiewe setel van Orange County is ook hier geleë. Die stad is ongeveer 70 km suidoos van Los Angeles. Die Spanjaarde het reeds in 1769 hier gekampeer en sendelinge was besig in die area tot 1830. Dit het in 1886 stadstatus verkry.
Die Toastmasters Internasionaal het van 1962 tot 1990 hulle hoofkantoor hier gehad.
Bron
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 412.