Sargans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sargans
Sargans met die gelyknamige kasteel
Sargans met die gelyknamige kasteel
Official seal of Sargans
Seël
Die munisipaliteit Sargans
Die munisipaliteit Sargans
Ligging van Sargans op 'n kaart (Switserland)
Sargans
Sargans
Ligging in Switserland
Koördinate: 47°02′00″N 09°26′00″O / 47.03333°N 9.43333°O / 47.03333; 9.43333Koördinate: 47°02′00″N 09°26′00″O / 47.03333°N 9.43333°O / 47.03333; 9.43333
Land Vlag van Switserland Switserland
Kanton St. Gallen
Kiesafdeling Sarganserland
Oppervlak
 - Stad 9,48 km²  (3,7 vk m)
Hoogte 480 m (1 575 vt)
Bevolking (31 Desember 2012)
 - Stad 5 779
 - Digtheid 609,6/km² (1 578,9/myl2)
Tydsone MET (UTC+1:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+2:00)
Poskode 7320
Webwerf: www.sargans.ch

Sargans (die klemtoon val op die tweede sillabe) is 'n klein nedersetting met stadstatus in die Sarganserland-streek van die Switserse kanton St. Gallen. Sargans, wat op 'n hoogte van 480 m aan die voet van die Gonzen-bergmassief geleë is, bestaan uit die kernstad en die gehugte Vild, Ratell, Prod, Splee, Riet, Farb, Töbeli en Schwefelbad. In die ooste grens die stadsgebied aan die Ryn en die prinsdom Liechtenstein.

Weens sy strategiese ligging naby die Ryn- en Seezvallei het Sargans tot 'n verkeersknooppunt ontwikkel. Vandag dien die stad as die ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrum van die Sarganserland.

Die kasteel Sargans is die simbool en belangrikste besienswaardigheid in die stad wat die Museum Sarganserland huisves. Die museum is in 1984 as die "Museum van die jaar in Europa" met 'n prys bekroon en in 1987 as een van die 37 mees besienswaardige musea ter wêreld gelys. 'n Ander toeristelokpunt is die ou Gonzenmyn wat as mynmuseum vir die publiek toeganklik is.