Sienna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
#882D17

Sienna of "Siena aarde", is 'n aardse pigment wat ysteroksied en mangaanoksied bevat. In sy natuurlike toestand is dit geelbruin gekleur en word rou sienna genoem. Wanneer dit verhit word, word dit 'n rooibruin kleur en word dan verbrande sienna genoem.[1] Dit ontleen sy naam van die stad-staat van Siena, waar dit gedurende die Renaissance vervaardig is.[2] Tesame met oker en amber is dit een van die eerste pigmente wat deur die mens gebruik was, en is op heelwat grotskilderye gevind. Sedert die Renaissance is dit een van die bruin pigmente wat die meeste deur kunstenaars gebruik word.

Die eerste opgetekende gebruik van sienna as 'n kleur se naam in Engels was in 1760.[3]

Kleurkoördinate[wysig | wysig bron]

Volgens verskeie kleurskemas word sienna as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #882D17
RGB-kleurmodel (136, 45, 23)
CMYK (25, 59, 86, 0)
HSV (12°, 83%, 53%)

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Shorter Oxford English Dictionary, 5th Edition (2002)
  2. Webster's New World Dictionary of the American Language, College Edition, (1964)
  3. Maerz and Paul A Dictionary of Color New York: 1930. McGraw-Hill p. 204; Kleurmonster van Sienna: p. 37 Plaat 7, monster E12