Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe
voorheen Plaisance-lughawe
Mauritius 23.08.2009 11-29-45.jpg
Aanloopbaan 14 by die SSR Int. Lughawe
IATA: MRUICAO: FIMP
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Airports of Mauritius Co. Ltd.
Ligging Plaine Magnien
Spil vir Air Mauritius
Hoogte bo seevlak 57 m / 186 vt
Webtuiste aml.mru.aero mauritius-airport.atol.aero
Landkaart
MRU is geleë in Mauritius
MRU
Ligging in Mauritius
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
14/32 3,370 11,056 Teer
Statistieke (2012)
Passasiers 2,690,869[1]
SSR Internasionale Lughawe (Aug. 2009)

Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe (IATA-kode: MRU, ICAO: FIMP) SSR Lughawe, is die belangrikste internasionale lughawe in Mauritius. Dit is 26 km suidoos van die hoofstad Port Louis geleë. Die lughawe was voorheen bekend as die Plaisance Lughawe, maar dit is herdoop ter nagedagtenis van Sir Seewoosagur Ramgoolam.

Die lughawe, wat beoog om tot 'n streekspilpunt te ontwikkel, het direkte vlugte na verskeie bestemmings in Afrika, Asië, Europa en is die tuiste van die land se nasionale lugredery Air Mauritius. "Airports of Mauritius Co. Ltd" (AML) is die eienaar en operateur van die lughawe; die regering van Mauritius is die grootste aandeelhouer van AML. "Airport Terminal Operations Ltd" (ATOL) is verantwoordelik vir die ontwerp, bou en bedryf van die nuwe eindpuntgebou.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Totale passasiersverkeer”. Besoek op 17 April 2013.