Verskil tussen weergawes van "Marshall Campbell"

Jump to navigation Jump to search
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
 
== Lewe ==
Campbell is in 1848 in [[Glasgow]], [[Skotland]] as seun van William John Campbell en sy vrou Agnes gebore. Toe Marshall twee jaar oud was, het sy ouers besluit om na [[Suid-Afrika]] te emigreer. Emigrasie na die Kaap is destyds deur skema's bevorder, soos dié van J.C. Byrne & Co., 'n onderneming wat tussen 1849 en 1851 die vestiging van sowat 2 500 Britse setlaars in die destydse kolonie [[Natal (kolonie)|Natal]] bevorder het.
 
Die Campbell-gesin het op 29 Maart 1850 saam met 124 ander emigrante hul seereis na Natal in Greenock naby Glasgow aan boord van die ''Conquering Hero'', 'n brik van 320 ton onder bevel van kaptein Cockburn, begin. Op 28 Junie 1850 het hulle in Durban-hawe aangekom.

Navigasie-keuseskerm