Verskil tussen weergawes van "Mary Shelley"

Jump to navigation Jump to search
4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
(Skakel)
'''Mary Shelley''' (''née'' '''Mary Wollstonecraft Godwin'''; * [[30 Augustus]] [[1797]], † [[1 Februarie]] [[1851]]) was 'n Engelse skrywer, dramaturg, essayis, biograaf en reisskrywer wat veral bekend staan vir haar Gotiese roman ''Frankenstein: or, The Modern Prometheus''. Daarnaas het sy ook die werke van haar man, die [[Romantiek|romantiese]] digter en filosoof [[Percy Bysshe Shelley]], geredigeer en bemark. Haar ouers, die politieke filosoof William Godwin en die filosoof en vegter vir vroueregte Mary Wollstonecraft, was progressiewe denkers van die tyd.
 
Mary Godwin se ma is oorlede toe sy elf dae oud was, en sy is saam met haar ouer halfsuster, Fanny Imlay, deur haar pa grootgemaak. Toe Mary vier jaar oud was, het haar pa met sy buurvrou, Mary Jane Clairmont, getrou. Vir Mary het hy omvattende, alhoewel informele opleiding verskaf en haar aangemoedig om sy liberale politieke teorieë aan te hang. In 1814 het Mary Godwin 'n romantiese verhouding met een van haar pa se politieke aanhangers begin, Percy Bysshe Shelley wat destyds al getroud was. Saam met Mary se stiefsuster, Claire Clairmont, het die twee na [[Frankryk]] vertrek en in [[Europa]] rondgereis. Toe hulle na [[Engeland]] teruggekeer het, was Mary swanger met Percy se kind. Hul vroeggebore dogtertjie het gesterf. In die volgende twee jaar het die paar met uitsluiting en voortdurende skuldlas te kampe gehad. Laat in 1816 het hulle getrou nadat Percy se eerste vrou, Harriet, selfmoord gepleeg het.
 
Saam met [[Lord Byron]], [[John William Polidori]] en Claire Clairmont het die egpaar die somer van 1816 in die herehuis [[Villa Diodati]] naby [[Genève]] in [[Switserland]] deurgebring waar Mary deur haar spookverhaal-sessies met Percy en Lord Byron geïnspireer is tot haar roman ''Frankenstein''. In 1818 het die Shelleys vanuit Brittanje na [[Italië]] gereis waar hul tweede en derde kind gesterf het voordat Mary Shelley die lewe aan haar laaste en enigste oorlewende kind, Percy Florence, geskenk het. In 1822 het haar man verdrink toe sy boot tydens 'n storm in die baai van La Spezia vergaan het. Mary Shelley het een jaar later na Engeland teruggekeer en haar daarna aan die grootmaak van haar seun gewy, terwyl sy 'n loopbaan as professionele skrywer begin het. Die laaste dekade van haar lewe is deur 'n siekte oorskadu. Die oorsaak daarvan was waarskynlik die breingewas waaraan sy in die ouderdom van 53 beswyk het.

Navigasie-keuseskerm