Verskil tussen weergawes van "Basale klade"

Jump to navigation Jump to search
Opruim
(Nuwe artikel)
 
(Opruim)
’n '''Basale klade''' is in [[filogenetika]] en [[kladistiek]] ’n [[klade]] wat vroeg binne ’n grotere klade aftak en die sustertakson is van ’n duidelike spesieryker hooftak wat nie baie vroeër uitgesterf het nie. Die basale klade word soms aan die onderkant van ’n kladogram aangedui. ’n Klade is altyd basaal relatief ten opsigte van ’n groter klade; ’n groep wat basaal is in een klade kan nie-basaal wees ten opsigte van ’n nog groter klade. Die woord "basaal" word tans verkies bo die ouer term "primitief" omdat laasgenoemde kan dui op minderwaardigheid of eenvoudigheid, wat dikwels nie die geval is nie.
 
’n Voorbeeld is die genus ''Neofelis'', wat met twee spesies binne [[Pantherinae]] ’n basale plek inneem ten opsigte van sy sustertakson, die genus ''Panthera'', wat meer spesies bevat. Dit kan gesien word in die onderstaande kladogram:
 
<center>
{| class="toccolours" style=font-size:100%;line-height:100%
|<big>Filogenetiese stamboom van die Pantherinae</big>
<br />
{{Stamboom2}}
* '''Pantherinae'''
** ''[[Panthera]]''
*** {{Stamboom2/aftakking}} <!--naamloze clade-->
**** ''[[Tier|Panthera tigris]]'' - tier
**** {{Stamboom2/einde tak}} ''[[Sneeuluiperd|Panthera uncia]]'' - sneeuluiperd
*** {{Stamboom2/einde aftakking}} <!--naamloze clade-->
**** ''[[Leeu|Panthera leo]]'' - leeu
**** ''[[Jaguar|Panthera onca]]'' - jaguar
**** {{Stamboom2/einde tak}} ''[[Luiperd|Panthera pardus]]'' - luiperd
** {{Stamboom2/einde tak}} ''[[Neofelis]]''
*** ''[[Newelluiperd|Neofelis nebulosa]]'' - newelluiperd
*** {{Stamboom2/einde tak}} ''[[Borneotiese newelluiperd|Neofelis diardi]]'' - Borneotiese newelluiperd
{{Stamboom2/einde}}
|}
</center>
 
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://nl.wikipedia.org/wiki/Basale_clade:Basale clade|Nederlandse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Evolusie]]

Navigasie-keuseskerm