Verskil tussen weergawes van "Fantasieroman"

Jump to navigation Jump to search
49 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Gedurende die 20ste eeu het fantastiese literatuur verder ontwikkel en is verskillende formate van fantasieromans op die literatuurmark ingevoer.
 
== Literêre Formate van fantasieromans ==
=== Hoë fantasie ===
[[Lêer:Mapa de Poniente - político.svg|duimnael|'n Kaart van Westeros, een van die fiktiewe vastelande waarop die Amerikaanse skrywer [[George R. R. Martin]] se fantasieromanreeks ''A Song of Ice and Fire'' (verfilm as ''[[Game of Thrones]]'') afspeel. Die geoefende oog sien onmiddellik die ooreenkomste met [[Groot-Brittanje]] raak. Motiewe van die reeks is aan die historiese [[Rose-oorlog]] ontleen]]
Historiese legendes en mitologiese en ander spekulatiewe elemente soos magiese wesens, vreemde beskawings en donker magte speel 'n oorheersende rol in 'n vreemde verbeelde wêreld wat deur die skrywer dikwels - ondanks sy eie spesifieke geografie, kultuur en beskawing - in 'n geïdealiseerde historiese konteks soos die Europese [[Middeleeue]] geplaas word.
 
=== Lae fantasie ===
'n Eensame held, wat 'n teenstander met bonatuurlike kragte die hoof moet bied, staan sentraal binne die subgenre van lae fantasieromans. Hierdie formaat het sy oorsprong in sogenaamde ''pulp magazines'' wat veral tussen die 1930's en 1950's gewild geraak het. Besondere kenmerke is 'n eenvoudiger vertelstruktuur met 'n meer dinamiese, aksiegelaaide handeling. Werke van H.P. Lovecraft val dikwels in hierdie Kategorie.
 
=== Stedelike of kontemporêre fantasie ===
Werke, wat in hierdie Kategorie val, speel nie in 'n verbeelde wêreld af nie, maar in die teenwoordige tyd. Magie maak hier sy verskyning in ons eie wêreld waar dit eintlik nie (mag) bestaan nie. Die oorgang tussen sogenaamde stedelike (urban fantasy) en kontemporêre fantasie (''contemporary fantasy'') is dikwels vloeiend. Die eersgenoemde speel in elk geval in 'n moderne stedelike omgewing af.
 
105 010

wysigings

Navigasie-keuseskerm