Game of Thrones

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Game of Thrones
Game of Thrones 2011 logo.svg
HBOs "Game Of Thrones" Season 3 Seattle Premiere After Party at EMP (8578715053).jpg
Première After Party, Seisoen 3, in Seattle, WA
Genre Fantasie
Dramareeks
Geskep deur David Benioff
D. B. Weiss
Temamusiekkomponis Ramin Djawadi
Openingstema Game of Thrones Theme
Afsluitingstema Game of Thrones Theme
Komponis(te) Ramin Djawadi
Oorsprong Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Taal Engels
Aantal seisoene 7 (8 in voorbereiding)
Aantal episodes 67
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) David Benioff
Vervaardiger(s) D. B. Weiss
Carolyn Strauss
Frank Doelger
Bernadette Caulfield
George R. R. Martin
Lokasie(s) Kanada
Kroasië
Ysland
Malta
Marokko
Spanje
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Looptydperk 50–69 minute
Produksiemaatskappy Belisarius Productions
Paramount Network Television (2003–06)
CBS Paramount Network Television (2006–09)
CBS Television Studios (2009–present)
Uitsending
Oorspronklike kanaal HBO
Beeldformaat 1080i (16:9 HDTV)
Klankformaat Dolby Digital 5.1 • dts HD Master Audio / Dolby Atmos (Blu-ray)
Eerste lopie 17 April 2011 – hede
Kronologie
Webskakels
Amptelike webwerf
Produksiewebwerf

Game of Thrones is 'n Amerikaanse fantasie-dramareeks wat deur David Benioff en D. B. Weiss vir die kabeltelevisiekanaal HBO in die rolprentateljee Titanic Studios in Belfast, Noord-Ierland, vervaardig word. Buiteopnames het naas Noord-Ierland en ander plekke in die Verenigde Koninkryk ook in Kroasië, Ysland, Marokko, Spanje, Malta, Kanada en die Verenigde State ontstaan.

Game of Thrones-geesdriftiges tree in die kostuums van hul gunstelingkarakters op

Die TV-reeks, wat deur kritici gunstig ontvang is en ook kommersiële sukses behaal het, baseer op die Amerikaanse skrywer George R. R. Martin se epiese fantasiereeks A Song of Ice and Fire. Martin is self betrokke by die verfilming van sy romans. Die eerste aflewering is op 17 April 2011 uitgesaai. Die sesde seisoen het op 26 Junie 2016 geëindig toe die 60ste aflewering uitgesaai is. 'n Sewende seisoen met sewe aflewerings is in 2017 uitgesaai en het op 27 Augustus geëindig, die agste en finale seisoen sal in 2019 gebeeldsaai word. Skietwerk in Noord-Ierland vir die agste seisoen het op 10 Oktober 2017 begin.[1]

Die reeks se handeling speel op Westeros en Essos af, twee vastelande van 'n fiktiewe wêreld wat aan die Europese Middeleeue ontleen is. Die sewe koninkryke van Westeros word deur 'n reusagtige muur afgeskerm van 'n gebied in die noorde wat deur ewige ys bedek word. Die fiktiewe wêreld se klimaattoestande is wisselvallig - so is die lengte van die verskillende seisoene onvoorspelbaar.

Die kuslyn van die fiktiewe vasteland van Westeros waar die verhaal van Game of Thrones begin afspeel.
Baie van die buite-opnames het in Noord-Ierland ontstaan, soos in hierdie gebied naby Ballintoy. Ballintoy-hawe en Larrybane is twee van baie plekke in Noord-Ierland wat danksy die televisiereeks bekendheid verwerf het en tans deel uitmaak van Game of Thrones-geesdriftiges se Noord-Ierse reiseroetes. Die landmassa op die gesigseinder is Skotland
Die hele handeling van Game of Thrones word op 'n lang tapisserie uitgebeeld wat deur die Tapyt van Bayeux geïnspireer is en in die Ulster Museum in Belfast vertoon word

Die epiese verhaal van Game of Thrones begin teen die einde van 'n lang somer waarby drie narratiewe lyne parallel loop. Spanninge begin opbou tussen die Ryk se magtige adelshuise en lei uiteindelik tot 'n troonstryd.

Terwyl die winter nader, word Westeros in sy uiterste noorde, waar 'n sogenaamde Nagwag die koninkryke teen indringers beskerm, deur 'n vreemde ras bedreig. In Essos strewe Daenerys Targaryen, lid van Westeros se koninklike familie wat jare gelede die troon kwytgeraak het, daarna om haar mag te herwin.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Amptelike webtuistes

Rolprentateljees in Noord-Ierland

Nuus

Toerisme

Media
Geskiedenis