Verskil tussen weergawes van "Fantasieroman"

Jump to navigation Jump to search
43 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Die '''fantasieroman''' is die gewildste narratiewe formaat binne die fantasiegenre wat oorspronklik as 'n subgenre van fantastiese literatuur ontwikkel het, maar ouer historiese wortels in die kulturele konteks van menslike mitologie het. Fantastiese literatuur het op sy beurt as genre binne die 19de eeuse literêre Romantiek na vore gekom, as 'n teenstroming van realistiese literatuur. Veral in die latere fase van Romantiese literatuur is werke gepubliseer wat deur fantastiese elemente gekenmerk is. 'n Fantastiese roman speel in 'n fiktiewe wêreld af wat onder die invloed van magiese kragte staan.
 
Gedurende die 20ste eeu het fantastiese literatuur verder ontwikkel en is verskillende formate van fantasieromans op die literatuurmark ingevoer. Vooraanstaande akademici aan Westerse universiteite doen navorsing oor dié genre wat met romans soos [[George R. R. Martin]] se ''A Song of Ice and Fire'' (''[[Game of Thrones]]'') en J. K. Rowling se ''[[Harry Potter]]''-reeks van die ekonomies suksesvolste en kultureel invloedrykste literêre formate voortgebring het.<ref>[https://www.uni-muenchen.de/forschung/news/2015/game_of_thrones.html ''Ludwig-Maximilians-Universität München - Tagung zu Game of Thrones 2015: Fantasy der Krise. Besoek op 15 Julie 2018'']</ref><ref>[https://www.winteriscoming2015.germanistik.uni-muenchen.de/index.html ''LMU München - Fakultät für Sprach- und Literaturwissenschaften / Deutsche Philologie: Winter is Coming - kulturwissenschaftliche Perspektiven auf George R.R. Martins A Song of Ice and Fire / Game of Thrones'']</ref>
 
== Literêre formate van fantasieromans ==
Werke, wat in hierdie kategorie val, speel nie in 'n verbeelde wêreld af nie, maar in die teenwoordige tyd. Magie maak hier sy verskyning in ons eie wêreld waar dit eintlik nie (mag) bestaan nie. Die oorgang tussen sogenaamde stedelike (''urban fantasy'') en kontemporêre fantasie (''contemporary fantasy'') is dikwels vloeiend. Die eersgenoemde speel in elk geval in 'n moderne stedelike omgewing af.
 
Werke binne hierdie subgenre, wat internasionale sukses behaal het, sluit die [[Skotland|Skotse]] skryfster en onderwyseres J. K. Rowling se ''[[Harry Potter]]''-reeks en die Amerikaanse skrywer Stephenie Meyer se ''Twilight''-reeks in.
 
== Verwysings ==

Navigasie-keuseskerm